Lede van die Windhoekse brandweer moes vir twee ure na hulle ‘n brand in ‘n motorhuis in Pasteurstraat geblus het steeds die gebou beveilig om te verhoed dat die brand moontlik na ‘n ander perseel versprei. Dobbelmasjiene en ander elektroniese toerusting wat in die motorhuis gestoor is, is tydens die brand verwoes.