Windhoek se middestad en sy hoofstraat is as mikrokosmos van Namibië soos die res van die land ’n wonderwerk van skerpe teenstellings.
Binne ’n halfuur kan jy per voet kennis maak met Himba-vroue wat in Fidel Castrostraat hul ware aan toeriste verkoop en op die teenoorgestelde kant van dieselfde blok sien hoe die land se luukse Hilton-hotel in Sam Nujoma-rylaan verrys.
Die plan is om die pronkstuk voor die begin van die Sokkerwêreldbeker in Suid-Afrika te voltooi.
Met die nuwe hotel skuins oorkant die Hooggeregshof, Ou Mutual se nuwe "groen"-toringgebou wat knus langs die Sanlamsentrum ingeskuif het, restourasiewerk aan die Carl List Haus en die nuwe gedenkmonument wat besig is om die plek van die ou Ruiterstandbeeld in te neem, is Windhoek besig om ’n splinternuwe jas vir inwoners en besoekers aan te trek.
E-pos nou vir ons JOU video oor “’n Minuut in die middestad” na bydrae@gmail.com, en laat loop ook met interessante foto’s van die stad na lesers@republikein.com.na.