|
|
4.03.2010 
Algemeen Hardap se sluise oop solank die Vis loopDIE Hardapdam se sluise was gister teen 16:00 steeds oop ondanks verwagtinge dat dit gisteroggend gesluit sou word. Die sluise sal eers toegemaak word sodra die Visrivier se invloei in die dam ophou.
Goeie neerslae word intussen vir die volgende week vir die noorde van die land voorspel. Lees meer Hoofstories | Misdaad Grensgeveg oor beesteTWEE lede van die Namibiese taakmag is swaar gewond toe hulle deur gewapende rowerbende wie se spore hulle oor die grens na Zambië gevolg het, in ’n lokval gelei en daar met AK-47’s op hul losgebrand is.
Die twee polisiemanne was deel van ’ ... Lees meer |
 | Algemeen Loko ontspoor in rangeerwerfNAMIBIESE ysterperde raak nie net die spoor byster op lang roetes nie. Dit gebeur sommer ook in die hoofstad. Soos met twee vorige ontsporings – nog vars in treinryers se geheue – is foutiewe of afgeleefde infrastruktuur voorlopig uitgesonder as ... Lees meer |
NuusPolitiek en Nasionale Nuus Nahas trek opvolgstreep |  DIE mobilisering van stamlojaliteite in enige opvolgdebat of wedloop om die leisels by President Hifikepunye Pohamba oor te neem, verloën die Grondwet as die hoeksteen van Namibiese demokrasie, verneder die amp van die Staatshoof en trek die stand in twyfel ... Lees meer |
|
Nuus vir die oor Premier praat prontuit |  Wat sê die opvolgdebat in Swapo oor die hartklop van die regerende party?
Het Namibië te veel politieke partye?
Klik op die speelknoppie en hoor Eerste Minister Nahas Angula se opinie oor of daar ’n opvolgdebat of selfs –wedloop kan wees sonder dat Pres. Luister meer |
|
Howe Hailulu verskyn nie môre in streekhof |  DIE hoof uitvoerende beampte van die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE), mnr. Vinson Hailulu, sal nie môre in die streekhof hoef te verskyn op klagtes van beweerde korrupsie nie.
Dit volg nadat die Hoërhof, met Regter Kato van Niekerk op die bank, gister argumente van sowel mnr. Lees meer |
|
Misdaad Veediefstal maak opslae op Aranos en Klein-Aub |  DIE tonge is los op Aranos nadat ’n onderwyser van dié Kalaharidorp en ’n Duitssprekende man van Swakopmund na bewering in die vroeë oggendure Sondag drie skaapkarkasse uit ’n koelkamer op die plaas van ’n bekende Aranos-boer gesteel het. Lees meer |
|
Howe Gariseb weer in hof ná onwettige slagtery |  ’n BEKENDE inwoner van Rehoboth, Jafet Gariseb, wat verlede maand in hegtenis geneem is nadat hy met ’n bakkievrag geslagte skape in sy besit betrap is, het Maandag ’n tweede verskyning in die landdroshof op die dorp gemaak.
Die polisie ... Lees meer |
|
Misdaad Drie sterf in nagmerrie-naweek op Rehoboth |  BOENDOEGEREGTIGHEID op Rehoboth het tot die moord op twee jong broers asook die steniging van ’n derde man gelei in wat ’n swart naweek vir inwoners was.
In die een voorval is twee broers, Phillipus (22) en Petrus Kinda (19), Vrydagnag tydens ’ ... Lees meer |
|
Algemeen Veeartsberoep kry hupstoot |  DIE veeartsenyberoep in Namibië het ’n baie welkome hupstoot gekry toe vier Namibiese veeartse vandeesweek deur die Ministerie van Landbou, Water en Bosbou (MAWF) aangestel is.
Aangesien hulle hul studies buite Namibië voltooi het, moes hulle die ... Lees meer |
|
Politiek en Nasionale Nuus Sokkertoeriste gelok |  Met die oog op die Wêreldbeker-sokkertoernooi het die Namibië Toerismeraad gister sy 2010 webblad bekendgestel met die mikpunt om internasionale toeriste tydens en ná die toernooi na Namibië te lok. Die 2010 toerisme bemarkingsbeampte, me. Whitney Greyton, wys hoe die tuisblad, www. Lees meer |
|
Kompetisies Waag ’n telling |  DIE naweek en dus die vierde ronde van die Super 14 rugbyreeks tussen spanne van Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië kom nader. En, daar is pryse om te wen vir rugbykenners!
Die wedstryd waarop lesers vandeesweek hul N$3-SMS kan verwed, is die een Saterdag ... Lees meer |
|
Erongo Swakop se spietkops skiet g’n skoot vir orde |  SWAKOPMUND se munisipale verkeersmanne is nie skietpiete nie. Oor ’n tydperk van 14 jaar is uit sewe van agt handwapens nie ’n enkele skoot gevuur nie. Die agtste pistool, ’n Star, is op 28 Junie 2006 gesteel. Die klag van diefstal word steeds ondersoek. Lees meer |
|
Erongo Visier op skaars vis |  BESTUURSTELSELS vir vier Orange Roughy-velde binne Namibië se ekonomiese eksklusiewe sone (EEZ) op see kan in 2011 deur Namibiese en Spaanse wetenskaplikes nagevors word.
Die Spaanse navorsingsboot RV Vizconde de Eza is uitstekend vir die doel toegerus. Lees meer |
|
Kollig 'n Wêreld vol moontlikhede |  Beyond the Frame, die bekende fotograaf Tony Figueira se nuutste uitstalling, het Dinsdagaand in Studio 77 geopen. “Ek herontdek nie die wiel nie, maar vir my is hierdie versameling ’n heeltemal nuwe ervaring,” sê hy opgewonde. “Soos die uitstalling se titel sê, ... Lees meer |
|
Kollig Madisia vier 25 jaar |  Twee groot dinge word hierdie week gevier: die 25ste herdenking van die kunstenaar Joseph Madisia se werk in die kunste, en die tiende bestaansjaar van die Franco-Namibiese Kultuursentrum op sy huidige perseel. Joseph, wat op die oomblik die direkteur is van die Nasionale Kunsgalery, ... Lees meer |
|
Kommentaar Swapo uit twee monde | NAMIBIËRS kan nie weet waar hulle met Swapo staan as die party se gekruiste lyne oor nasionale eenheid, nasionale versoening en nasiebou knak weens verskillende sienings deur die onderskeie leiers en frontorganisasies nie.
Oor die kwessie van Namibië se Staatshoof, mnr. Lees meer |
|
Ek sê maar net Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg |  OM ’n joernalis te wees is om gek te wees. Dit is die dure les wat Boetman in byna 20 jaar se kringe om die bos gehardloop het. As boodskapper van die goeie en slegte tyding het hierdie skrywer oor vulpenne en balpuntpenne gerol om tot in die moderne eeu van rekenaarjoeralistiek te vorder. Lees meer |
|
Die Mark ‘Jan Alleman moet praat oor begroting’ |  MET die nasionale begroting wat enige dag in die volgende twee weke bekendgemaak gaan word en gesien teen die agtergrond van die huidige ekonomiese omstandighede, is dit nodig vir die inwonersgemeenskap van Namibië om meer betrokke by die toedeling van begrotingsporsies te raak. Lees meer |
|
Sport Kampioenklub voor nuwe uitdaging in 2010 |  DAAR is hoë verwagtinge van Rehoboth Rugbyklub wanneer die Namibiese rugbyseisoen heel moontlik in April afskop. Hulle is die verdedigende kampioen in MTC se Premierliga en besef hulle sal nóg harder moet werk om die titel te behou.
Die manne oefen die afgelope weke kliphard by die Reho- ... Lees meer |
|
Sport Netbal soek nuwe lewe op alle vlakke |  DRASTIESE veranderinge in die minderwaardige administrasie van Namibiese netbal is nodig om die land ’n moontlike internasionale vernedering te spaar.
Dit is die nuus waarmee Joan Smit, die Afrika-verteenwoordiger vir netbal, onlangs uit Manchester, ... Lees meer |
|
|