Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

30.08.2010

© Placido Hilukilwa

Skoue en Expo
Lekker op Ongwediva

DIE Ongwediva Handelskou (OATF) het Vrydag afgeskop en dit was die naweek reeds duidelik dat vanjaar se gebeurtenis alle verwagtinge sal oortref. Beide uitstallers en die organiseerders het Vrydag hul tevredenheid oor die verloop van die voorbereiding uitgespreek.   Lees meer

Hoofstories

© Jacques du Toit
Erongo
Bielie van fees

‘n Groot steenbras se laaste loop was Saterdag by Myl 72. Die vis van 11,19 kg wat deur Arra Arangies van Tsumeb gevang is, was die kampioen as die grootste eetbare vis van die hengelkompetisie tydens die Visfees op Hentiesbaai. Op die foto verkies die wenhengelaar dat sy matriekseun, ...   Lees meer

© Niël Terblancé
Politiek en Nasionale Nuus
Meisie se dood ’n wekroep vir land

DIE dood van die sesjarige Ndapewa Nashuutu is nog ’n wekroep wat die aandag van Namibiërs op alle vorme van geweld moet vestig. Die ondervoorsitter van die Nasionale Raad en raadslid van die Khomasdal-Noord kiesafdeling, me. Margareth Mensah-Williams het die mening gelug toe sy saam met mnr.   Lees meer

Nuus

Howe
Bakkiebestuurder kry borg
© Niël Terblanché

DIE bestuurder van die bakkie wat verlede naweek deur twee sinkhuise in die Sewende Laan informele woonbuurt van Otjomuise in Windhoek geploeg het, is op borg van N$5 000 vrygelaat ná hy op klagte van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem is.   Lees meer

Howe
Shaduka vandag gevonnis
© André le Roux

DIE veroordeelde Lazarus Shaduka sal vandag weet wat sy lot gaan wees nadat ’n emosionele betoog in die Hoërhof vir verswaring van sy straf gevoer is. “Ek het my geliefde dogter verloor en as die vader van die oorledene is ek steeds getraumatiseer deur haar dood.   Lees meer

Politiek en Nasionale Nuus
Walters looi Ministeries
© Republikein

BUROKRATIESE rompslomp en ‘n voeteslepery by die Ministerie van Binnelandse Sake, het daartoe gelei dat ‘n Namibiese student in Duitsland nou vrees dat sy uit die land geskop kan word. Die aansoek vir die vernuwing van haar paspoort het liederlik skeefgeloop.   Lees meer

Algemeen
Napwu skik vir N$100
© Wikimedia

MUNISIPALE werkers op Gobabis moet vandag almal terug in die tuig wees ná ’n weeklange staking oor ’n betaalgeskil. In skerpe teenstelling met ’n massiewe staking deur Suid-Afrika se amptenare, was die Namibiese Unie vir Staatsdienswerkers (Napwu) bereid om ...   Lees meer

Algemeen
Gevangenes begenadig
© Hifikepunye-Pohamba

’n PRESIDENSIËLE begenadiging aan verskeie gevangenes is tydens die herdenking van Heldedag gedoen met ’n vermaning dat hierdie groep se vrylating nie bedoel is om gevaarlike misdadigers terug in die gemeenskap te plaas word nie. Daarom, het President Hifikepunye Pohamba gesê, ...   Lees meer

Algemeen
Legende sterf

‘n LEGENDE in onderwys– en sportkringe in Namibië, mnr. Boel Dreyer (75), het Donderdagnamiddag sy stryd teen Parkinsons se siekte verloor. “Onderwys is die wonderlikste beroep. Die herinneringe aan my oudleerlinge het gesorg vir die brandhout om my wintervuurtjie aan die gang te hou, ...   Lees meer

Algemeen
Slypskool vir gehoorgestremdheid gehou
© Republikein

IN Namibië is 18 000 mense gehoorgestremd van wie duisende sonder die nodige opvoeding oor hul gebrek leef. Met die oog op Visie 2030 word die probleem hanteer by wyse van ’n gesamentlike poging tussen die Ministerie van Onderwys en Ysland se Internasionale Ontwikkelingsprogram (ICEIDA).   Lees meer

Gesondheid
Syfers oor vrouegesondheid kommerwekkend
© Tamryn Kleinhans

DIE Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se verslag rakende die gesondheid van vroue met die titel Women and Health: Today’s evidence, tomorrow’s agenda, is by die onlangse afskeidsete van die uittredende ambassadeur van Amerika aan Namibië, me. Dennise Matieu, bekendgestel.   Lees meer

Gesondheid
Resies vir glimlagte
© Marianne Pretorius

’n LIEFDADIGHEIDSVELDTOG om 12 kwesbare kinders wat met gesplete verhemeltes en ander gebreke aan hul gesigte gebore is, gaan vir die derde agtereenvolgende jaar in Namibië plaasvind. Die veldtog bekend as “Race for a Smile” word vanjaar ...   Lees meer

Skolenuus
Kleinspan dra kultuur oor
© Tammy Kleinhans

PREPRIMÊRE Skool Paulus //Gowaseb in Katutura het onlangs ’n kultuurdag saam met twee ander skole ter afsluiting van die skooltermyn aangebied wat groot byval by ouers en belangstellendes gevind het.   Lees meer

Opvoeding
Onderwysers kry erkenning vir hul werk

IN ’n omkeer van die normale verloop van sake, was dit hierdie keer die onderwysers wat toekennings vir hul prestasies ontvang het. Onderwysers van die Khomas-streek wat in 2009 uitgeblink het met hul onderskeie vakuitslae in hul graad tien-, standaard- ...   Lees meer

Dinge wat krap
Windhoeker se kiekie laat vandale se turf sit

TWEE vlieëniers uit Benoni se kuiertjie in Windhoek het die manne verlede week ’n hele N$1 750 uit die sak gejaag toe hulle die hoofstad Maandagnag so ’n bietjie op horings geneem het. “Uiteindelik het ek iemand gevang,” sê die ...   Lees meer

Kompetisies
Wen N$1 000 in rugbyraai

Dit was nie besonder oortuigend nie, maar die Springbokke het eindelik hul eerste wedstryd in vanjaar se Drienasiereeks gewen toe hulle die Wallabies Saterdag op Loftus met 44-31 onder gekry het. JP Pietersen se drie in die doodsnikke was die Bokke se vyfde teen die besoekers se vier, ...   Lees meer

Kompetisies
Gondwana is altyd vakansietyd
© Gondwana Collections

’n PRYS van etlike Namibiese dollar wag elke maand vir ’n gelukkige leser van Republikein in die Gondwana SMS-kompetisie. ’n Wegbreekkans van 12 dae by enige van die Gondwana Collection is elke maand op die spel en die wenner kan boonop drie familie-lede óf vriende saamneem.   Lees meer

Kommentaar
Ware helde

WERKLIKE helde wil sonder uitsondering eintlik nooit helde wees nie en het dit wat hulle gedoen het nooit gedoen vir enige eerbetoon of beloning nie, maar bloot wat hulle in omstandighede as reg beskou het. Werklike helde is sonder uitsondering in hul eie ...   Lees meer

Ek sê maar net
Welkom hier te lande – en geniet die reis
© Republikein

DIT was weer ek en die mense op die bus. Met my busrit op pad Weskus toe het ek langs ’n jong Kanadese man gesit. Hy kon nie ophou knibbel aan sy Amerikaanse aartappelskyfies nie. Hy het glo vrywilligerswerk in Katutura gedoen en is versot op Namibië en ons mense.   Lees meer

Die Mark
Herwinbare hulpbronne kry stukrag

HERWINBARE hulpbronne in die vorm van wind- en sonkrag is van die hoogste prioriteite vir beter samewerking tussen die staat van Bremen in Duitsland en Namibië. Dit volg na die onlangse besoek van die Duitse senator verantwoordelik vir die omgewing, konstruksie, ...   Lees meer

Sport
Boys van die Suburbs konings in Hoenderhok!
© Boet Matthews

VIER drieë was Saterdagmiddag die spreekwoordelike goue ganseiers vir Western Suburbs toe hy vir Mariental met 26-9 in die Hoenderhok van die tuisspan oorrompel het. Met die stroopsoet oorwinning het FNB Western Suburbs nie net die stoutste verwagtinge oortref nie, ...   Lees meer

Sport
Krieketspan klop Botswana

DIE Namibiese krieketspan het gister ’n suksesvolle wegspring beleef as gasheer van die Internasionale Krieketraad se o.19 Wêreldbeker uitduntoernooi wat gister in Windhoek begin het. Agt Afrika-spanne ding in die toernooi mee. Die Namibiërs het Botswana gister by die United- ...   Lees meer

Sport
SA schoolboys thrash Namibia
© Republikein

SA Schools thrashed a Namibia U19 team 92-21 at the Raiders Rugby Club ground in Johannesburg on Saturday. They scored 14 tries in the process, with four of them coming from speedy Boland winger Leroy Bitterhout and two from Grey College and Free State flyhalf Johan Goosen, ...   Lees meer