|
|
1.09.2010 
Videonuus Dis heerlike lente!In die suidelike halfrond is vandag amptelik die eerste dag van lente. En hoe gemaak op lentedag... Gee vir iemand 'n blom!
Kyk hier na 'n video deur FutureMedia. Lees meer Hoofstories | Algemeen Reho se geldkas skop droogNuusbrekerREHOBOTH se sowat 160 platsak dorpsamptenare is galbitter oor die polities veelal omstrede munisipaliteit se onvermoë om hul salarisse op datum te betaal. Lees meer |
 | Algemeen Moles in MünchenPASPOORTBEHEER in Duitsland het Sondagaand gesorg vir ‘n lelike onderonsie op die München-lughawe met Namibië se Minister van Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur, mnr. Kazenambo Kazenambo, wat nou vuur spoeg.
Hy het sover gegaan as om Duitsland daarvan ... Lees meer |
NuusPolitiek en Nasionale Nuus Petrol droog op in Noorde |  DIE petroltekort in die verre noorde van land het in ‘n volskaalse krisis ontaard met sommige vulstasies wat in die kritieke tydperk tydens die Ongwediva Handelskou sonder petrolvoorraad is.
Verskeie groot vulstasies het bevestig dat hulle sedert verlede Saterdag, ... Lees meer |
|
Politiek en Nasionale Nuus Minister nie bewus van boetes |  DRAKONIESE boetes wat deur Agri Inspec en die Namibiese Akkerbouraad op die land se suiden noordgrense gehef word vir permit- en ander oortredings word sonder die toestemming van die Namibiese regering gedoen.
Bevestiging hiervan is gister deur die adjunkdirekteur ... Lees meer |
|
Algemeen Verset oor Shaduka |  DIE vermeende ver te ligte raps wat die Hoërhof ’n Windhoekse sakeman Maandag oor die vingers gegee het vir die dood van sy vrou, het die spanning tussen die uitvoerende en geregtelike gesag in Namibië opnuut op die voorgrond gestoot met ’n aantyging deur die Minister van Justisie, me. Lees meer |
|
Algemeen Voetgangers die sondaars, sê MVAF |  DIE grootste oorsaak van die 64 padongelukke wat die afgelope nie-amptelike langnaweek op Nami- bië se paaie voorgekom het, is voetgangers.
“Die meeste van die ongelukke is deur voetgangers veroorsaak, veral in die Khomas-, Kavango- en Oshana-streek, ... Lees meer |
|
Algemeen Windhoek gaan dreun in Oktober |  MEER as 20 Suid-Afrikaanse en plaaslike sangers maak reg om in Oktober Namibiërs se voete te laat stamp, wanneer die eerste Huisgenoot Hart van Windhoek-konsert by Wanderers plaasvind. Die musiek skop Vrydag 15 Oktober om 16:00 af met optredes deur Tiro, Nu Creation, ... Lees meer |
|
Lesersbydrae Lentedag hier |  “Dis heerlike lente, die winter is verby,” lui die ou liedjie. Me. Inge Engelbrecht van Tsumeb het hierdie lesersfoto van haar kleindogter, Carla, ingestuur ná ‘n skoenlapper hom op haar neus tuisgemaak het.
Vir besoekers aan die Ongwediva Handelskou in die noorde van die land, ... Lees meer |
|
Howe Karupu hoor vandag oor borg |  DIE hoof uitvoerende beampte van Superior Security Services, mnr. Andreas Hainguru Karupu, wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n voormalige werknemer vermoor het na ‘n beweerde salarisdispuut, sal vandag hoor of borg aan hom toegestaan word.
Die staat beweer dat mnr. Lees meer |
|
Skolenuus Lenteskool begin grootse poging |  DIE Michelle McLean Kinderfonds het in samewerking met Bank Windhoek sy jaarlikse lenteskool op Maandag by Windhoek Hoërskool (WHS) begin.
Klasse word in onder meer wiskunde, rekeningkunde en natuurwetenskap aan graad 10- en graad 12-leerlinge gebied om hulle vir die eindeksamen voor te berei. Lees meer |
|
Sê jou sê Gevind – deur die Genade |  LIEWE Jacky Siwambo, Jou verdwaalstorie wat onlangs in die koerant was, het my weer vol nostalgie gelaat terugdink na Aprilmaand 1943, toe ek dieselfde ding as jy oorgekom het – verdwaal. My ouers het op die Kalkplato gewoon, reg oos van Asab op die plaas Springbokvley, ... Lees meer |
|
Kompetisies Leande se geluk draai met Gondwana |  “STOMGESLAAN”. Dit is al wat Leande Jansen van Windhoek gistermiddag kon uitkry toe sy hoor dat sy Augustus se wenner van die Republikein/Gondwana SMS-kompetisie is.
“Ek het gereeld SMS’e gestuur, maar met met my geluk het ek regtig nie gedink ek sal wen nie, ... Lees meer |
|
Kompetisies Bokke veg vir laaste eer |  Suid-Afrika en Australië is nou in ’n doodstryd gewikkel om nie die laaste span op die punteleer in vanjaar se Drienasiereeks te wees nie.
Na Suid-Afrika se wen teen die besoekende Aussies verlede Saterdag, is dit hierdie naweek weer so. Dis die ... Lees meer |
|
Kommentaar Nugter denke nodig | VERKIESINGSKOORS is weer aan die opbou vir die komende November-verkiesing vir verteenwoordigers om kiesers op die vlak van plaaslike owerhede en op streekvlak te verteenwoordig.
Politieke partye, organisasies en vakbonde was in die verlede maar almal ... Lees meer |
|
Ek sê maar net Elkeen het aanspraak op sy plekkie onder die son |  SOMMIGE mense is oggendmense en an- der is weer aandmense. Oggendmense staan soggens op met ’n lied in hul hart en is vrolik. (Dit is nou ten koste van die meeste aandmense). Oggendmense is vriendelik as hulle opstaan. Dan weer kry jy die aandmense wat ... Lees meer |
|
Die Mark Elisenheim se wiele rol |  EIENDENDOMSONTWIKKELING wat ’n nuwe leefstyl aan beleggers beloof, is besig om ’n tasbare werklikheid te word met die aanbring van dienste na die erwe op die Elisenheim Leefstyldorpsontwikkeling wat ’n aanvang geneem het.
Die verkope ... Lees meer |
|
Die Mark Bank Windhoek presteer |  Gedurende Bank Windhoek se jaarlikse prysoorhandigingsfunksie het die beste takke erkenning ontvang vir puik diens vir die tydperk Julie 2009 tot Junie 2010 gelewer.
“Ons glo dat die inisiatief die standaard van besigheid sal verbeter en ons nuwe hoogtes sal laat bereik. Lees meer |
|
Sport Lötter verniel Sierra Leone |  ’n AANVALLENDE honderdtal deur Gerhard Lötter, die enigste van die toernooi dusver, het gister die vroeë senuagtigheid in die Namibiese junior krieketspan verdryf op pad na die span se oorwinning met 191 lopies teen Sierra Leone by die WAP-veld.
Nadat Sierra Leone – ... Lees meer |
|
Sport Medaljedroogte onaanvaarbaar |  DIE toewyding en erns van Namibië se sportadministrateurs is gister ernstig tot orde geroep toe ’n nuuskonferensie ter nabetragting van die land se deelname aan die onlangse Olimpiese Jeugspele in Singapoer gehou is.
Die ses Namibiese deelnemers ... Lees meer |
|
|