
Dewald van Jaarsveld was die algehele wenner in die afdeling vir renmotors en het ook weggestap met die titel as 2011 se wenner van die Suidelike kampioenskap.
VELDRENVOERTUIE se gebrul het onlangs vir groot opwinding op Oranjemund gesorg toe hulle weggespring het vir die jaarlikse Oranjemund Desert 300 veldrenkampioenskap wat daar plaasgevind het. Dit maak deel uit van die Suidelike Veldrenkampioenskappe.
Deelnemers van oral in Namibië en selfs ’n paar renjaers uit Suid-Afrika het vir die geleentheid aangetree.
Spanne het in die middel van die dorp weggespring met die eerste sneltrajek wat ’n roete deur die Sperrgebiet gevolg het.

Anton van der Berg van Stellenbosch het hom nie laat terughou deur dié valslag nie. Hy is steeds as die wenner in die klas vir kwadfietse gekroon.
Die tweede sneltrajek het by die klubhuis begin en ’n stewige roete van meer as 300 kilometer deur sand en stof gevolg. Van die renjaers, veral die op motorfietse, het ’n paar keer hard geval, maar weer opgesaal om die ren te voltooi.
Die wenners was soos volg:
4x4 Bakkies
Danie Retief
Braam Fourie
Duinebesies
William Wilson
Sandmasters
Dewald van Jaarsveld/Jacques Kemp
Thomas en Sanel Potgieter, Wynand Nel
Motorfietse: Ope klas
Rensie Joubert
Gideon Joubert
Derick Thiart
Motorfietse: 200 cc
Ockert Swart
Divan Loots
Timothy Godfrey
Kwadfietse
1. Anton van der Berg
2. Jacobus Blaauw
3. Hannes Botha
Kwadfietse: Juniors
W. Wilson
Juan Kemp