8.07.2008

Vandale teiken laaste rusplek


Mnr. Fanus Coetzee, die senior gesondheid- en omgewingsbeampte van die munisipaliteit op Keetmanshoop.
VANDALISME by die begraafplaas op Keetmanshoop is ‘n groot probleem, sê mnr. Fanus Coetzee, die senior gesondheid-en omgewingsbeampte van die munisipaliteit op dié dorp. Dit is kommerwekkend om te sien dat ‘n begraafplaas so verniel word, sê hy.

“Die omskop van grafstene is maar een van die voorbeelde van vandalisme.” Mnr. Coetzee het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om saam te werk en die munisipaliteit te help, eerder as om te verniel.

Die JF Stefanus-stadion, waaraan die munisipaliteit op Keetmanshoop sowat N$100 000 aan opknapping bestee het.
Een van die toekomstige projekte wat die gesondheid-en omgewingsafdeling wil aanpak, is die plant van bome by die begraafplaas.

“Ons besef dat skaduwee ’n behoefte is,” aldus mnr. Coetzee. ’n Projek wat die munisipaliteit reeds suksesvol afgehandel het, is die opknapping van die JF Stefanus-stadion, waaraan sowat N$100 000 bestee is. Mnr. Coetzee sê daar is baie projekte wat nog beplan word, maar waarvan die besonderhede nie nou bekend gemaak kan word nie.