8.03.2010 Trüpen Garden open binnekort
Trüpen Garden Oornag Akkommodasie is een van die nuutste lodges wat binnekort sy deure op Keetmanshoop oopswaai. Slegs 8 km buite Keetmanshoop op die B1-roete na Suid-Afrika lê en wink die groen grasperke van Trüpen Garden jou nader. Die idee is om by Trüpen Garden ’n plaasatmosfeer te skep aangesien die lodge naby die dorp en besienswaardighede geleë is.
Trüpen Garden beskik oor ses chalets wat elk twee enkelbeddens, ’n badkamer en ’n oopplan kombuis met selfversorgingsgeriewe het. Braaipakke en hout word egter by die lodge voorsien vir die wat ’n rustige aandjie om die vuur wil geniet en ontbyt kan ook met bestelling by die chalets voorsien word. Die chalets beskik ook oor lugreëling, DSTV, koffiegeriewe, ’n yskas en braaigeriewe.
Intussen sal karavaan -en kampeerplekke ook vanjaar gebou word. Elke kampeerplek het sy eie toilet en stortgeriewe met kragpunte. Die kampeerplekke sal teen einde Mei voltooi wees. ’n Tweede fase is reeds in beplanning, onder meer sal ’n konferensiesaal, swembad en restaurant tydens die fase gebou word. Trüpen Garden open amptelik op 15 Maart 2010.
Besprekings:
Michele Reyneke - 081 470 7365 / 081 415 1579
Eugene Reyneke - 081 248 8812
Faks: 088619178
E-pos: erserv@iway.na
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|