24.5.2012
 Argiewe:

Suiderland


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.03.2010

Stukkie Kaap in die Kalahari



IN die rooiduinwêreld van die Kalahari is ’n stukkie Kaap geskep wat deur hoë bome en groen wingerde omvou word.

Kalahari Farmhouse, een van die nuutste toevoegings tot die Gondwana Collection, is sowat 60 km noordoos van Mariental aan die buitewyke van Stampriet geleë.

Wanneer jy vir die eerste maal die klein dorpie binnery, sal die skielike verandering in natuurtoneel van Kalahari na “Kaaps” jou heeltemal verras.

Die Kahalari Farmhouse is op die ou Van der Wath-plaas geleë en dit is nie net die argitektuur van die elf kamers wat aan Kaaps-Hollandse huise herinner nie, maar ook die wingerde langsaan die huise en die rustige atmosfeer.

Twee van die tien dubbelkamers kan ook in famielie-eenhede omskep word en daar is ook ’n driebedkamer beskikbaar.

Meubels en binnehuisversiering voeg tot die atmosfeer van Kalahari Farmhouse by. Kamers spog onder meer met waskomme en lampetbekers en daar is selfs ou toilette waarvan die spoelmeganisme nog met ’n ketting werk.

Om daai egte gevoel te gee dat jy in die platteland is, maak ’n hooivurk, waterkan en sekel deel van die versiering teen die huise se muur langs die stoep uit.

Die stoep is ideaal om rustig te sit en ontspan terwyl jy die natuurskoon en groen tuine bewonder.
Die restaurant wat in die ou plaashuis ingerig is, is met fyn detail versier en smaaklike plaaskos kan hier geniet word.

Besoekers kan daagliks tussen drie voorgeregte, hoofgeregte en nageregte kies.
Die restaurant herinner aan ouma se spens met kleurvolle blikke wat oor die mure versprei is, terwyl verskeie items uit toeka se dae op die rakke uitgestal is.

By die Kalahari Farmhouse kan gaste ook die selfvoorsieningsentrum van die Gondwana Collection besoek. Op die plaas is ’n slaghuis en klein kaasfabriek opgerig. Die sentrum was oorspronklik in die groep se Gondwana Cañon Park begin, maar is toe na Stampriet verskuif omdat daar meer water is en dit as ’n sentrale verspreidingspunt vir die groep se ander lodges dien.

Die voorsieningsentrum is geskep om aan die lodges in die groep vleis, groente en melkprodukte te voorsien.

’n Artesiese put op Gondwana se 34 hektaar eiendom voed ’n ondergrondse waterreservoir en besproeiingskanale. Die oormaat water maak dit dus die perfekte plek vir die selfvoorsieningsentrum wat aan al Gondwana se oorde vars produkte voorsien.

Intussen kan gaste van Kalahari Farmhouse ook ontspanningsritte in die Gondwana Kalahari Park geniet. Die ritte begin by Kahalari Anib Lodge van die Gondwana Collection wat sowat 30 km wes van Stampriet geleë is.

Voorts kan besoekers die omgewing van Stampriet verken en tydens ’n halfdagreis na Hoachanas, Leonardville en Aranos die Kalahari-landskap verken.