Suiderland


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

13.08.2010

Selfone om nood te verlig

BEAMPTES aan diens in die aanklagkantoor van die polisie op Mariental sal voortaan beter diens aan inwoners van Mariental kan verskaf na twee selfone aan die polisiekantoor geskenk is.

‘n Sake-onderneming op die dorp, GCM Cellular, het die selfone geskenk sodat een gebruik kan word om noodgevalle en die voorkoming van misdaad beter te hanteer. Die tweede foon sal aan die offiser aan diens gegee word sodat beter diens aan die dorp se inwoners verskaf kan word.

Die nommer van die noodtelefoon is 081 626 9225 en die offisier aan diens kan by 081 626 9226 geskakel word sou ‘n noodgeval opduik. Die nommers kan te eniger tyd geskakel word.

In uiterste gevalle kan kommissaris Kobus Meyer by 081 129 3242 geskakel word en die klaer sal onmiddellik gehelp word.

Die telefone is egter nie uitsluitlik vir noodgevalle bedoel nie. Alle vorme van kriminele aktiwiteite kan op die wyse by die polisiebeamptes aan diens aangemeld word. Sodoende kan die polisie vinniger optree ten einde die inwonersgemeenskap teen misdaad te beskerm en hulp te verleen.