8.07.2008

Rehoboth sprei gesondheidsvlerke

© Francios Olivier
Rehoboth se nuwe mediese sentrum is op 23 Junie amptelik deur die Minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, dr. Richard Kamwi, geopen. Hy het gesê dié dag is nie net heuglik vir Rehoboth nie, maar die hele Namibië.

“Die sentrum lewer ook ‘n bydrae tot werkverskaffing en ekonomiese groei in die dorp,” het die Minister gesê. Die sentrum, wat beoog om ‘n omvattende, eenstopdiens aan die dorp, omliggende gemeenskap en toeriste te lewer, spog met van die mees moderne mediese infrastruktuur en toerusting.

Dienste waarvoor Rehobothers in die verlede na Windhoek moes reis, word nou hier aangebied. Vier algemene praktisyns werk tans by die sentrum, wat van 08:00 tot 20:00 oop is. Daar is ook ‘n apteek en ‘n raadsaal vir funksies en opleidingssessies.