
Sedert Agra einde verlede jaar die bestuur van die B1 Oasis vulstasie op Keetmanshoop oorgeneem het, word dit in ’n werklike oase omskep. ’n Totaal van 35 palmbome is op die terrein by die vulstasie aangeplant om die droë area in ’n lushof te verander. Behalwe dat die vulstasie petrol en diesel voorsien, bied dit ook skoon toilet- en stortgeriewe, veilige parkering vir vragmotors en vars kos en peuselhappies. Die vulstasie is ook toegerus om ’n diens aan Fuelmaster-kliënte te lewer. B1 Oasis het ’n plek geword waar moeë reisigers hulle kan verfris en dit is ’n gerieflike vulstasie vir vragmotors en boere om op grootmaat brandstof in te tap.