
Namport het onlangs 31 opvoedkundige boeke ter waarde van N$2 830,60 aan die veeldoelige jeugsentrum in Lüderitz geskenk. Die boeke, deur Zebra uitgewers, dek ‘n wye reeks onderwerpe van graad 7 wiskunde tot graad 11 en 12 biologie.Op die foto ontvang me. Roelene Cohlmann (links), bibliotekaresse by die sentrum, en mnr. Jan Scholtz (tweede van links), hoof van die sentrum, die skenking van mnr. Widux Mutwa (tweede van regs), hawebestuurder by Namport, en me. Agnus Goeieman, hoofadministrateur van die hawe.