8.07.2008

Munisipaliteit soek nuwe HUB

© Francios Olivier
Mnr. Bertie Reynecke, waarnemende hoof uitvoerende beampte by die Keetmanshoop munisipaliteit.
MNR. Bertie Reynecke, strategiese bestuurder van finansiële- en ekonomiese ontwikkeling by die Keetmanshoop munisipaliteit, neem tans ook as hoof uitvoerende beampte in die plek van mnr. Patrick Hamman, die vorige hoof, waar.

“Dit is vir my ‘n uitdaging, want ek moet, benewens my verpligtinge as die waarnemende hoof uitvoerende beampte, nog my pos in finansiële-en ekonomiese ontwikkeling ook volstaan.

“Ek sien egter uit daarna om dit aan te pak en ‘n verskil te maak waar ek kan,” aldus mnr. Reynecke.

Volgens hom is die posisie vir die hoof uitvoerende beampte reeds geadverteer en was die sluitingsdatum 30 Junie.