
In sulke landerye sal mens maklik kan verdwaal. Mnr. Kokkie Adriaanse van Kachas Farming op Mariental by die witmielies wat op die plaas vir kuilvoer aangeplant is. Hulle het 13 hektaar mielies op die plaas gestroop en 680 ton mielies binne ’n dag en ’n half gekuil. In die Hardap-streek is 430 hektaar grond slegs vir kuilvoer aangeplant en dit word verwag dat 27 950 ton in totaal geoes sal word. Met 18 000 hektaar grond wat in die res van die streek onder geelmielies is, is die verwagte oes vir vanjaar 14 790 ton teenoor verlede jaar se 11 512 ton.