8.07.2008

Mariental se rugbyspan

© Francios Olivier
Mariental se rugbyspan is nog onoorwonne in die Suide-streekliga en is die voorloper op die punteleer. Mariental het nuwe uitrusting vir die seisoen gekry van Wimpy wat vanjaar hul hoofborg vir is. Die borgskap is N$18 000 werd. Vir die suidespan was die spel ook op die veld ‘n gelukkige dag deurdat hulle United se tweede span in Windhoek met 76-0 oorrompel het. Hier oorhandig mnr. Louw van der Merwe, verteenwoordiger van Wimpy in Mariental, die uitrusting aan FJ van Zyl, die spankaptein.