24.5.2012
 Argiewe:

Suiderland


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.09.2010

Maak Sperrgebiet wêreldklas

© Trygve Cooper

OM die Sperrgebiet Nasionale Park (SNP) in ‘n wêreldklas toeristebestemming te omskep, word ‘n volledige ontwikkelingsplan benodig van hoe die infrastruktuur gaan lyk. Die ontwikkelingsplan moet sodoende as riglyn dien vir ontwikkeling van die bestuur en planne vir toerisme vir die park wat in 2008 tot nasionale park geproklameer is.

Die Ministerie van die Omgewing en Toerisme, in samewerking met die Sukkulente Karroo Ekostelselprojek (SKEP) en die Versterking van die Beskermde Gebiedenetwerk (SPAN), benodig die dienste van ‘n konsultant of firma om die infrastruktuurontwikkeling en personeelbeplanning van die park te ontwikkel.

Die Sperrgebiet was vir meer as ‘n eeu vir die publiek gesluit weens die ontginning van diamante en dit word sedert 2001 deur die Ministerie van die Omgewing en Toerisme bestuur. Die park het voorts onvoldoende diensinfrastruktuur vir bewaringpersoneel en beperkte toegangsroetes na verskillende gebiede in die park, luidens ‘n dokument.

In die dokument word verwys na die terme en bepalings vir die ondersteuning vir die ontwikkeling van die infrastruktuur en personeelplan en waardebepaling vir toegangsfasiliteite. Dit word van die konsultant verwag om ‘n vyfjaar implementeringsplan en begroting vir die ontwikkeling van die benodigde infrastruktuur in te dien.

‘n Volledige personeelplan moet opgestel word en toestande van die bestaande paaie en infrastruktuur moet ook geëvalueer en verbeteringe voorgestel word. Dit sluit ook die infrastruktuur vir bewaringsamptenare, asook toerisme-infrastruktuur in.

Internasionale en nasionale lugvervoergeriewe en -roetes moet ook geëvalueer word en verbeteringe voorgestel word om internasionale en streektoegang vir toeriste te vergemaklik. Wat die infrastruktuur betref, moet onder meer vir die volgende voorsiening gemaak word: toeriste- en dienspaaie en verwante infrastruktuur; ingangshekke; personeelbehuising, -kantore en navorsingsgeriewe; die voorsiening van water, elektrisiteit en kommunikasienetwerke; vullisverwydering; toeriste-akkommodasie en diensgeriewe (ontvangslokale, restaurante, winkels, brandstofvoorraad); vliegvelde en opleidingsfasiliteite.

Die konsultasiespan moet ook vorige ondervinding hê om saam met die Ministerie van die Omgewing en Toerisme en sy personeel in beskermde gebiede te werk. Streng vereistes geld vir die konsultasiespan. Ten minste een lid moet ‘n graad in die bestuur van beskermde gebiede of toerisme-ontwikkeling hê.

Een lid moet ‘n graad in argitektuur of infrastruktuurontwerp of -ontwikkeling hê. Die span moet ten minste agt jaar ondervinding in dieselfde tipe studie of werk hê. Vorige ondervinding en samewerking met die Ministerie sal ’n voordeel wees, asook ondervinding van die toerismesektor in Namibië, veral met die ontwikkeling van toeristegeriewe in verafgeleë gebiede.

Kennis van die suidelike dele van die land, veral van die /Ai-/Ais en Sperrgebiet Nasionale Parke, is ‘n voordeel asook goeie kennis en ervaring van die bestuur van beskermde gebiede en ontwikkeling in Namibië wat onontbeerlik is. Boonop moet die werk binne vier maande na ondertekening van die kontrak voltooi wees.

Vir meer inligting rakende die volledige voorwaardes en bepalings, kontak mnr. Samson Mulonga by 081 148 1237 of per e-pos by smulonga@met.na of vir mnr. Jonas Nghishidi by 061 248 345 of per e-pos by jn@nnf.org.na.

Tegniese en finansiële voorstelle moet aan mnr. Nick de Voss (061-284 2504) gerig word by die Ministerie van die Omgewing en Toerisme, Direktoraat: Parke and Wildlewebestuur, Privaatsak 13306, Kamer 205, Tweede vloer, PZN-gebou, Ruhrstraat 3, Noordelike Nywerheidsgebied, Windhoek.