
Mnr. Paul Vleermuys.
DIE stadsklerk van Keetmanshoop, mnr. Paul Vleermuys, is gisternamiddag tydelik van sy pos onthef weens beweerde wangedrag en swak werksprestasie.
Die ondersoek teen die klag van wangedrag sal binne sewe dae afgehandel word, het die burgemeester van Keetmanshoop, raadslid Arnold Losper, by navraag aan Republikein bevestig.
Die burgemeester het, alhoewel hy nie besonderhede kon verskaf nie, aangevoer dat mnr. Vleermuys nie goeie werk lewer nie.
“Ek dink nie die pos van uitvoerende amptenaar by ’n stadsraad is vir mnr. Vleermuys geskik nie,” het mnr. Losper gesê.
Mnr. Vleermuys het op navraag geweier om enige kommentaar te lewer oor wat met hom gebeur het. Hy kon egter net sê dat hy op ’n gepaste tyd kommentaar sal lewer. Hy kon egter net sê dat hy op ’n gepaste tyd kommentaar sal lewer.