24.5.2012
 Argiewe:

Suiderland


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.03.2010

Kreeffees beloof vanjaar iets besonders


Die rede vir die Kreeffees.
DIE derde jaarlikse Lüderitz Kreeffees is nuwe stukrag gegee met verskeie innoverende aktiwiteite wat geskep is om duisende toeriste, vakansiegangers en diegene wat sommer net lief is vir kreef, na die dorp te lok.

Volgens die hoof uitvoerende beampte van die Lüderitz Waterkant- ontwikkelingsmaatskappy, mnr. Fluksman Sameuhl, word sowat 10 000 mense vanjaar verwag en die fees beloof om iets besonders te wees.

“Ons See, Ons Erfenis,” is die tema van vanjaar se kreeffees wat vanaf 30 April tot 3 Mei by die Lüderitz Harbour Square plaasvind. Die amptelike opening van die fees is op Saterdag 1 Mei.
© Republikein
Amos Shiyuka
Volgens mnr. Fluksman is die hoofdoel van die kreeffees om die dorp as ’n groot bestemming vir toeriste en beleggers te vestig deur sy ekonomiese potensiaal in veral die toerismesektor te ontsluit.

Die jaarlikse kreeffees is ’n inisiatief van Lüderitz se dorpsraad, die Lüderitz Waterkant-ontwikkelingsmaatskappy en die plaaslike vis- en gasvryheidsbedryf in vennootskap met die Ministerie van Visserye en Mariene Hulpbronne.

Mnr. Fluksman sê dat die gesamentlike inisiatiewe die plaaslike sakegemeenskap se toewyding reflekteer om die dorp op die regte pad te plaas sodat dit volhoubare en betekenisvolle ekonomiese ontwikkeling sal bereik.

Eddie Moongo
Verder moet dit as ’n doeltreffende reaksie beskou word om ’n nuwe en moderne dorp se ekonomie te skep.

Die kreeffees bied die geleentheid vir mense van alle uithoeke van die lewe om mekaar te leer ken en te sosaliseer tydens verskeie byeenkomste en om ook die dorp se unieke gasvrye tradisie te verken.

“Die bevorderingsveldtog van plaaslike verbruik is ’n interne deel van ons langtermyn strategie,” sê mnr. Fluksman.

“Dus is die kreeffees so ontwerp om die ryk geskiedenis van seelewe waarmee Lüderitz vir baie jare geassosieer word, uit te beeld. ” SME’s wat aan die kreeffees deelneem, sal ook baat deur stalletjies op te rig en hul dienste en produkte uit te stal. Vanjaar is die SME Compete Expo ook op die program ingesluit.

Gal Level
Die fees voorsien dus ’n belangrike platform veral vir jong en aspirante entrepreneurs om hul vaardighede en kennis uit te stal.

Die geleentheid dien as ’n belangrike katalisator en ’n doeltreffende instrument om SME’s se potensiaal te ontsluit om hul nuwe krag te ontdek, entrepreneurskap as ’n moontlike bron van werkskepping te bevorder sowel as om onafhanklikheid onder die jeug te bevorder, sê mnr. Fluksman.

Volgens hom kan baie meer mense as in die verlede verwag word te oordeel aan die belangstelling tot dusver.

Paulus "The Hitman" Moses
Die rede word toegeskryf aan die verskeidenheid aktiwiteite wat by die program ingesluit is, soos SME Compete Expo, uitstallings, sport, ’n musiekfees en die deelname van Namibië se bekendstes.

Die WBA wêreld liggewigkampioen, Paulus “The Hitman” Moses, se bokshandskoene sal tydens ’n gala-ete op 30 April opgeveil word. Michelle McLean, Me. Heelal 1992, is genooi, BBA 4 Revolution, Eddie Moongo en sokkerlegende en Namibiese sportkommissaris, mnr. Amos Shiyuka, sal deel aan die kreeffees hê.

Die deelname van die bekende persoonlikhede sal die gehalte van die algehele fees versterk, meen mnr. Fluksman.

Gazza
Daarbenewens sal ’n musiekfees ook op 1 Mei op die sportstadion aangebied word met kunstenaars wat Gazza en Gal Level en ander ontluikende kunstenaars uit die Karas-streek insluit.

Baie buitemuurse aktiwiteite word gewaarborg wat ten doel het om ’n wonderlike kusondervinding te bied sowel as baie vars vis en smaaklike seekos en ook ander Namibiese versnaperinge om van te kies.

Lüderitz het verskeie aantrekkings insluitend sy oorheersende Duits-Koloniale argitektuur, unieke landskap, interessante topografie en gasvrye mense.

’n Moet om te besoek, is die spookdorp, Kolmanskop, waar diamante meer as 100 jaar gelede ontgin was. Besoekers word egter aangeraai om vooraf plek te bespreek.