Suiderland


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

8.03.2010

Karastrust gee groot vir studente

BYKANS N$300 000 se beurse is aan vyftien studente van die Karasstreek deur die Karas Ontwikkelingstrust vir die huidige akademiese jaar toegeken. Volgens die goewerneur, mnr. Dawid Boois, is die studente van die toppresteerders in die streek.

Hy sê dat die behoefte aan onderrig en opleiding die sleutel tot suksesvolle verspreiding en gelykheid in inkomste is. “Indien ons as ouers en gemeenskapslede daarin misluk om onderrig aan ons kinders te voorsien, sal dit soveel moeiliker vir ons kinders wees om in die arbeidsmark mee te ding. Ten beste sal hulle vir laer poste bestem wees terwyl die ergste is dat dit tot werkloosheid met noodlottige omstandighede kan lei.” Die voorsitter van die trust, mnr. Stephanus Goliath, het ook bygevoeg dat die studente se ouers minder as N$100 000 per jaar verdien.

“Dit is ’n duidelike bewys dat die trust inderdaad vir mense bedoel is wat geldelik minderbevoorreg is.” Daar is geen kinders van direkteurs, goewerneurs, raadslede, ryk boere of sakemense by nie, sê hy. Daarbenewens het mnr. Boois gesê dat dit ’n prioriteit van die trustees en ander rolspelers moet wees om die trust te institusionaliseer.

Volgens hom het baie mense eers van die trust te wete gekom nadat die afsnydatum vir aansoeke verstryk het. Hy het ’n beroep op ouers en studente gedoen om vanaf Oktober/ November koerante vir die instelling se beursadvertensies dop te hou. Die toekenning van beurse is egter ’n baie mededingende proses en mense moet seker maak dat hulle aan alle kriteria en afsnypunte vir aansoeke voldoen.