Suiderland


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

8.03.2010

Karas gereed vir sokker-besoekers


Deur middel van die landelike armoedeverligtingsprogram word kampeerplekke by Berseba, Blouwes, Constansia, Ganigabes en Snyfontein in die Karas-streek opgerig. Die projek word deur die Europese Unie gefinansier om armoede te verlig. Die foto is van die kampeerplekke by Bruckarosberg naby Berseba geneem.
SAKELUI in die Karas-streek is deur middel van verskeie vergaderings bewus gemaak en ingelig van die toerismemoontlikhede wat vanjaar se Wêreldbeker- sokkertoernooi in Suid-Afrika vir die streek kan inhou. Volgens die goeweneur van die Karas-streek, mnr. Dawid Boois, moet die streek gereed wees om alle besoekers te kan ontvang.

’n Komitee was ook aangestel om al die moontlikhede te ondersoek hoe die streek voordeel uit die sokkertoernooi kan trek. “Ek weet nie wat die private sektor alles van hul kant af gedoen het om die geleentheid te benut nie, maar die Regering het onder meer een van die grootste toeristebestemmings in die Suide, /Ai-/Ais, opgegradeer. ”

Voorts sê mnr. Boois dat die opening van die hek by Mata-Mata ook ’n groot pluspunt vir die Suide en Karas-streek is. Met die Sperrgebiet wat tot Nasionale Park verklaar is, kan toeriste en besoekers nou baie meer van die gebied verken. Mnr. Boois sê egter dat geen verdere konsessies toegestaan is nadat die gebied tot ’n nasionale park verklaar is nie.

Die Waterkant op Lüderitz, alhoewel net die eerste fase voltooi is, bied reeds vir toeriste en besoekers verskeie aktiwiteite met die restaurante en klein winkels wat in Harbour Sqaure geleë is. Ander toeriste-aantreklikhede in die Karas- streek is Kolmanskop by Lüderitz en Oranjemund wat vir besoekers oopgestel gaan word. Intussen sal die twee grensposte by Noordoewer en Ariamsvlei ook nog vanjaar opgegradeer word met die oog op die Wêreldbeker- sokkertoernooi.