24.5.2012
 Argiewe:

Suiderland


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

12.08.2008

Inkomstediens meer toeganklik in Suide

© Francios Olivier
Die Minister van Finansies, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, tydens haar toespraak by die opening van die nuwe Inkomste-kantoor op Keetmanshoop.
INWONERS van die Suide hoef nie meer lang afstande te ry om hul geldelike verpligtinge teenoor die Regering na te kom nie. Die Ministerie van Finansies het onlangs, nadat die eerste kantoor van die Ontvanger in 1991 op Rundu geopen is, dieselfde op Keetmanshoop gedoen.

Volgens die Minister van Finansies, me. Saara Kuugongelwa- Amadhila, wat die kantoor amptelik geopen het, is dit deel van die groter program om die Regering nader aan die land se mense te bring.

Die heel eerste Inkomste-kantoor is in 1990 in Windhoek gestig. “Ná onafhanklikwording het die Regering ʼn program begin om diens aan die publiek en die administrasie van belasting te verbeter,” het me. Kuugongelwa-Amadhila gesê.
© Francios Olivier
Die nuwe kantoor van die Ontvanger van Inkomste, wat onlangs op Keetmanshoop geopen is.
Dusver is Inkomste-kantore in Windhoek en op Ondangwa, Run- du, Otjiwarongo, Walvisbaai en Keetmanshoop geopen. Die Minister het ook by die geleentheid die argitek van die bouprojek me. Nina Maritz, bedank vir haar bydrae.

“As ʼn mens na die uitleg van die gebou kyk en die sagte kleure binnekant sien, kan jy die betrokkenheid van ʼn vrou sien.” Me. Kuugongelwa-Amadhila sê die kantoor sal die belastingbetalers van die Hardap-streek (Aranos, Maltahöhe, Mariental en Rehoboth) en Karas-streek (Bethanie, Karasburg, Keetmanshoop, Lüderitz en Oranjemund) bedien.

Sy het al die belastingbetalers van die spesifieke distrikte versoek om hulle by die kantoor te registreer. Die aanstelling van altesame 88 nuwe belastingbeamptes is goedgekeur. Ná hul opleiding sal hulle poste by verskeie kantore beklee.

Die Minister het ook die personeel van die kantoor die opdrag gegee om hul verpligtinge op ʼn doeltreffende en professionele wyse uit te voer. “Ek dring daarop aan dat julle ʼn hoë standaard van integriteit handhaaf,” het sy gesê.

Francios Olivier