24.5.2012
 Argiewe:

Suiderland


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

15.11.2011
Veldrenne floreer op Oranjemund

VELDRENVOERTUIE se gebrul het onlangs vir groot opwinding op Oranjemund gesorg toe hulle weggespring het vir die jaarlikse Oranjemund Desert 300 veldrenkampioenskap wat daar plaasgevind het. Dit maak deel uit van die Suidelike Veldrenkampioenskappe. Deelnemers ...   Lees meer

15.11.2011
Varkboerdery floreer op Mariental

MARIENTAL se munisipaliteit is besig om sy bestaande slagpale teen ’n koste van meer as N$4 miljoen op te gradeer ten einde voorsiening te maak om sowat 500 varke wat op die oomblik hoofsaaklik in Windhoek en op Walvisbaai geslag word, plaaslik te slag. Duisende ...   Lees meer

15.11.2011
Wimpy trek nuwe baadjie aan

MARIENTAL Brandstofsentrum is een van die gewildste aandoenpunte deur besoekers aan die Suidedorp. Die sentrum bied ’n 24-uur geriefswinkel, Wimpy-restaurant, gemaklike kleedkamers en brandstof aan diegene wat deur dié deel van die land reis. Grootskaalse ...   Lees meer

15.11.2011
Effense afplatting in toeristegetalle op Aus

TOERISME in die Aus-omgewing is steeds goed, hoewel ’n afname van sowat 2 tot 3 persent vanjaar beleef is. Dis die mening van mnr. Piet Swiegers van die Klein Aus Vista lodge net buite Aus. Hy is baie positief oor die vooruitsigte van die voortsetting ...   Lees meer

15.11.2011
Gebrek aan kennis demp ontwikkeling

DIEGENE in beheer van die Neckertaldam- projek word geblameer dat hulle nie voldoende inligting oor die projek bekendmaak om plaaslike sakemanne en individue in staat te stel om daarvolgens hul eie beplanning in te ruim nie. Die gebrek aan inligting oor die ...   Lees meer

15.11.2011
Hardapkoring kan goeie oeste lewer

KORINGBOERE op die Hardapskema by Mariental koester verwagtinge van goeie oeste. Die optimisme word nie net toegeskryf aan uitstekende weerstoestande sedert planttyd nie, maar ook weens nuwe kultivars wat beter opbrengste behoort te lewer. Aan die woord is mnr.   Lees meer

15.11.2011
Erwe en dienste kry aandag by munisipaliteit

KEETMANSHOOP se stadsraad het miskien ’n bietjie lank gewag om gedienste erwe en grond vir ontwikkeling beskikbaar te stel, maar op die oomblik is alle wiele aan die rol om te verseker dat aan die toekomstige verwagtinge met betrekking tot ontwikkeling in die gebied voldoen gaan word.   Lees meer

15.11.2011
Stelsel ingestel vir vloedwaarskuwings

VANDAG vergader Mariental se taakmag vir vloedbeheer vir die laaste amptelike vergadering van die jaar. By dié geleentheid gaan onder meer seker gemaak word dat die vroeë waarskuwingstelsel met die oog op die komende reënseisoen behoorlik funksioneer. Die ...   Lees meer

15.11.2011
Neckertaldam ’n werklikheid vir Keetmanshoop

TERWYL een van die grootste en opwindendste bouprojekte die afgelope twee dekades in die land besig is om naby Keetmanshoop beslag te kry, is dit asof inwoners van die Suidedorp nog nie besef dat hulle sal moet spring om vir die invloei van mense en ’n gepaardgaande ...   Lees meer

15.11.2011
Genoegdoening is vrug op sukses

SEEHEIM, sowat 50 kilometer wes van Keetmanshoop op pad na Lüderitz, se aanvanklike ontstaan was te danke aan vrugbare grond en die winsgewende groenteverbouingsprojek wat daar aan die gang was. Dit het later as gevolg van die diamantstormloop een van die besigste deurgangstasies geword, ...   Lees meer

15.11.2011
Oewerpad kan toerisme na Lüderitz stimuleer

DIE belangrikste ekonomiese elemente op Lüderitz is diamante (bote), die visbedryf (stokvis en kreef), akwakulture (oesters en perlemoen) asook toerisme. Die enigste daarvan wat nog beduidend kan groei, is toerisme, maar dié sukkel op die oomblik om aan verwagtinge te voldoen.   Lees meer

15.11.2011
Johnny’s deins nie terug om beste diens te lewer

JOHNNY’S Auto Elektries op Keetmanshoop wat ’n prominente profiel landwyd opgebou het weens ’n radio-advertensie waar kliënte self oor die onderneming getuig, is besig met ’n multimiljoen dollar projek om die plek op te gradeer om een van die nuutste en mees ...   Lees meer

15.11.2011
Spoedseil bereik nuwe hoogtes op Lüderitz

DIE Lüderitz spoedseiluitdaging 2011 is die begin van die toekoms van die windseilgemeenskap. Sébastien Cattelan en Sophie Routaboul is sedert verlede jaar besig om te beplan aan die bou van ’n nuwe “speelgrond” vir windseilers. Die nuwe kanaal wat geskep is, ...   Lees meer

15.11.2011
Unieke woestynrit saam met Naamab

DIE suide van die land beskik oor geweldige potensiaal in sover dit toerisme betref, maar bitter min onwikkeling vind plaas by projekte waarby mense van die gebied betrokke is. Hopelik sal die stigting van die Naamab (Pty.) Ltd. aan wie die Naamab-konsessiegebied ...   Lees meer

15.11.2011
Leon van Nierop kuier in Suide

DIE bekende Suid-Afrikaanse skrywer, omroeper, rolprentvervaardiger en resensent, Leon van Nierop, het einde Oktober in Namibië kom kuier op uitnodiging van Air Namibia en Namibia Wildlife Resorts. Klasie Dreyer, ’n boer van Maltahöhe en jarelange vriend, ...   Lees meer

15.11.2011
Auas trap wye spoor in streek

AUAS Motors is besig om sy voetspoor in die Suide te vergroot met dienspunte op al die groter dorpe in die gebied. Die onderneming is al ’n paar jaar op Mariental as ’n volwaardige handelaarskap gevestig wat ’n wye streek bedien. ’n Gevestigde diensagent, ...   Lees meer

15.11.2011
Keetmanshoop JSS doen dit weer!

DIE Junior Sekondêre Skool Keetmanshoop het onlangs sy eerste prysuitdeling gehou. Die skool is nou eers in sy tweede bestaansjaar met leerlinge in graad 8 en 9, en die skool sal volgende jaar met sy eerste graad 10’e kan spog. Tydens die prysuitdeling ...   Lees meer

15.11.2011
Kultuurkos en musiek vir besoekers

LAPA Lange het oor die afgelope paar jaar baie lof gekry vir sy gulhartige gasvryheid, maar te oordeel aan die aantal buitelandse besoekers wat by die lodge oos van Mariental aandoen, moet dit iets aanbied wat mense trek. “Ja,” antwoord Ems de Lange wat die leisels vashou, ...   Lees meer

15.11.2011
Jong boer verower gesogte titel by NLU

’n PASSIE vir boerdery sedert hy ’n jong seun was, is die dryfveer wat gesorg het dat Timm Miller van die Helmeringhausen-omgewing vanjaar as die Namibiese Landbou-unie (NLU) se Jong Boer van die Jaar aangewys is. Vir hom is dit ’n groot eer, maar ook die ...   Lees meer

15.11.2011
Helmering se raakvat boervrou

LOUISA Campbell van die Helmeringhausen-omgewing is nie ’n vrou wat jy vlak moet kyk nie. Die boervrou wat onlangs deur die Namibiese Landbou-unie (NLU) as Boervrou van die Jaar aangewys is, is onder andere ’n knap skut, het ’n bruin gordel in Shotokan-karate, ...   Lees meer

nuwe artikels   -   nog artikels

Druk Artikel  
Skryf aan Redakteur  
Deel met 'n vriend