Suiderland


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

8.3.2010
Oasis-vulstasie doen nou sy naam gestand
© Republikein

Sedert Agra einde verlede jaar die bestuur van die B1 Oasis vulstasie op Keetmanshoop oorgeneem het, word dit in ’n werklike oase omskep. ’n Totaal van 35 palmbome is op die terrein by die vulstasie aangeplant om die droë area in ’n lushof te verander.   Lees meer

8.3.2010
Kerk help skole
© Republikein

Die NG-kerk op Aranos gee elke jaar aan die graad 1’s by die verskillende laerskole op die dorp ‘n pakkie met skryfbehoeftes en lekkernye. Hier ontvang graad 1’s van die Junior Primêre Skool Salmon Boois hul pakkies.   Lees meer

8.3.2010
Buitelugskool brei jeug

DIE buitelugskool op Aus is die laaste van sy aard in Namibië wat steeds bedryf word en bied tot op hierdie dag aktiwiteite aan leerlinge wat hulle die res van hul lewes sal bybly. Buitelugskole in Namibië het na ’n behoeftebepaling onder die jeug ...   Lees meer

8.3.2010
Karastrust gee groot vir studente

BYKANS N$300 000 se beurse is aan vyftien studente van die Karasstreek deur die Karas Ontwikkelingstrust vir die huidige akademiese jaar toegeken. Volgens die goewerneur, mnr. Dawid Boois, is die studente van die toppresteerders in die streek. Hy sê dat ...   Lees meer

8.3.2010
Ekonomiese ontwikkeling kry komitee

EIENAARS van sakeondernemings op Keetmanshoop het ’n raadgewerskomitee vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling gekies wat uit 10 lede bestaan. Die komitee se hoofdoel sal wees om die stadsraad van advies oor sake rakende die plaaslike ekonomiese ontwikkeling te bedien.   Lees meer

8.3.2010
Keetmanshoop hou dorp skoon

NADAT heelwat klagtes onlangs oor ‘n “vuil” Keetmanshoop ontvang is, het die stadsklerk aan Suiderland gesê dat vir so ’n klein dorp dit ’n ooraanbod van skoonmaakdienste het. Volgens mnr. Paul Vleermuis word N$120 000 maandeliks ...   Lees meer

8.3.2010
FNB help Aranos misdaad bekamp

WANNEER inbrekers en ander misdadigers op Aranos voortaan ’n flitsende blou lig bo-op ’n bakkie se dak sien, moet hulle weet die skrif is vir hulle aan die muur. FNB Namibia se tak op die dorp het, as deel van sy maatskaplike verpligting, dit goedgedink ...   Lees meer

8.3.2010
Karas gereed vir sokker-besoekers

SAKELUI in die Karas-streek is deur middel van verskeie vergaderings bewus gemaak en ingelig van die toerismemoontlikhede wat vanjaar se Wêreldbeker- sokkertoernooi in Suid-Afrika vir die streek kan inhou. Volgens die goeweneur van die Karas-streek, mnr. Dawid Boois, ...   Lees meer

8.3.2010
Melkplaas voorsien in behoefte

DIE N$80 miljoen belegging wat deur Namibia Dairies van die Ohlthaver & List-groep van maatskappye gemaak was om die eerste super suiwelmelkplaas in Namibië tot stand te bring, het die maatskappy in staat gestel om in die groeiende aanvraag na melkprodukte te voorsien, veral wat uitvoer betref.   Lees meer

8.3.2010
Auas Motors Mariental

“DIE volledige reeks Chevrolet-, Opel- en Isuzu-produkte is by Auas Motors Mariental, lid van Auas Motors-handelaarskappe, die grootste verspreider van GM-produkte in Namibië, beskikbaar.” sê mnr. Charles Oosthuizen, bestuurder van die onderneming op hierdie Suidedorp.   Lees meer

8.3.2010
Stukkie Kaap in die Kalahari

IN die rooiduinwêreld van die Kalahari is ’n stukkie Kaap geskep wat deur hoë bome en groen wingerde omvou word. Kalahari Farmhouse, een van die nuutste toevoegings tot die Gondwana Collection, is sowat 60 km noordoos van Mariental aan die buitewyke van Stampriet geleë.   Lees meer

8.3.2010
Hanse-Himarwa gee oorsig

DIE feit dat meer as 85 persent inwoners in die Hardap-streek toegang tot skoon water het, is een van die prestasies wat deur die goewerneur van die streek uitgewys is. Me. Katrina Hanse-Himarwa sê mense wat in informele asook afgeleë neder settings woon, ...   Lees meer

8.3.2010
Sanitasie prioriteit vir Mariental se burgermeester

MNR. Billy Mensah is pas as die nuwe burgemeester van Mariental aangewys en sy eerste prioriteit in die pos sal wees om die opgra deringsproses van informele ne dersettings te voltooi. “Ek sal hoofsaaklik daarop fokus om sanitasie na die informele nedersettings te bring wat tans ’ ...   Lees meer

8.3.2010
Hardap-streek uitdagings:

DIE goewerneur van die Hardapstreek het misdaad en werkloosheid as ernstige probleme in die streek geïdentifi seer wat dringende aandag moet geniet. Me. Katrina Hanse-Himarwa het ook gesê dat die swak prestasie van graad 10’s en graad 12’s ...   Lees meer

8.3.2010
Mielies, mielies en nogmaals mielies

In sulke landerye sal mens maklik kan verdwaal. Mnr. Kokkie Adriaanse van Kachas Farming op Mariental by die witmielies wat op die plaas vir kuilvoer aangeplant is. Hulle het 13 hektaar mielies op die plaas gestroop en 680 ton mielies binne ’n dag en ’n half gekuil.   Lees meer

8.3.2010
Kreeffees beloof vanjaar iets besonders

DIE derde jaarlikse Lüderitz Kreeffees is nuwe stukrag gegee met verskeie innoverende aktiwiteite wat geskep is om duisende toeriste, vakansiegangers en diegene wat sommer net lief is vir kreef, na die dorp te lok. Volgens die hoof uitvoerende beampte van die Lüderitz Waterkant- ...   Lees meer

8.3.2010
Trüpen Garden open binnekort

Trüpen Garden Oornag Akkommodasie is een van die nuutste lodges wat binnekort sy deure op Keetmanshoop oopswaai. Slegs 8 km buite Keetmanshoop op die B1-roete na Suid-Afrika lê en wink die groen grasperke van Trüpen Garden jou nader. Die idee is om by Trüpen Garden ’ ...   Lees meer

8.3.2010
Inwoners van Mariental bespreek ontwikkeling

Die moontlikheid van vloedskade op Mariental tydens reënseisoene en die moratorium op ontwikkeling op die dorp wes van die spoorlyn, is die belangrikste aspekte wat ontwikkeling op die suidedorp kniehalter. Die ou kwelpunte vir Marientallers het weer na vore getree op ’ ...   Lees meer

8.3.2010
Druiwe in Suide vaar swak

IN totaal is bietjie meer as 45 000 kartonnetjies druiwe verlede seisoen in die Hardap-streek uitgevoer in vergelyking met die uitvoersyfer wat gewoonlik aan die 200 000 kartonnetjies raak. Terselfdertyd het die Naute-projek net 48 000 kartonne tafeldruiwe ...   Lees meer

8.3.2010
Miljarde hektaar vir toeriste

TYDENS die eerste Park Talk vanjaar is die onlangse vooruitgang van die /Ai-/Ais-Richtersveld Oorgrenspark (ARTP) en die toekoms van die Laer-Oranjerivier Oorgrensbewaringsgebied (LOR TFCA) bespreek. Park Talk is deur die Versterking van die Beskermde Gebiede- ...   Lees meer

Druk Artikel  
Skryf aan Redakteur  
Deel met 'n vriend