8.7.2008
Beroepskou Lüderitz se grootste nog
© Verskaf

DIE veeldoelige jeugsentrum op Lüderitz het op 19 en 20 Junie sy agste jaarlikse beroepsuitstalling gehou. Dié jaar se uitstalling was die grootste nog. Dertien verskillende maatskappye en ander instansies het aan die skou deelgeneem en bruikbare inligting oor beroepsbeplanning, ...   Lees meer

8.7.2008
Rehoboth sprei gesondheidsvlerke
© Francios Olivier

Rehoboth se nuwe mediese sentrum is op 23 Junie amptelik deur die Minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, dr. Richard Kamwi, geopen. Hy het gesê dié dag is nie net heuglik vir Rehoboth nie, maar die hele Namibië. “Die sentrum lewer ook ‘ ...   Lees meer

8.7.2008
Blink nuwe planne vir diamante

MET ’n noemenswaardige afname in aanlandige diamantproduksie wat van aanstaande jaar verwag word, moes die Namdeb-diamantkorporasie ’n nuwe weg soek om die leeftyd van die myn te verleng én die produksiesyfers in sy lisensiegebiede te handhaaf.   Lees meer

8.7.2008
Slagpale soek groter markte

FARMERS’ Meat Market Mariental Abattoir staan sterk en het groot planne vir die toekoms. “Nadat uitvoere na Europa in 2006 tot stilstand gekom het, wat vir ons ’n moeilike tyd was, het omstandighede verbeter en ons voer nou weer na Suid-Afrika en Europa uit,” het mnr.   Lees meer

8.7.2008
Spogskou vir Keetmans beplan
© Francios Olivier

DIE skou op Keetmanshoop, wat van 10 tot 12 September plaasvind, slaan vanjaar ’n nuwe blaadjie om. Volgens me. Birna Adriaanse (foto), skoubemarker van Keetmanshoop, sal daar vir die eerste keer in drie jaar ’n pretpark wees. “Die skou ...   Lees meer

8.7.2008
Munisipaliteit soek nuwe HUB
© Francios Olivier

MNR. Bertie Reynecke, strategiese bestuurder van finansiële- en ekonomiese ontwikkeling by die Keetmanshoop munisipaliteit, neem tans ook as hoof uitvoerende beampte in die plek van mnr. Patrick Hamman, die vorige hoof, waar. “Dit is vir my ‘ ...   Lees meer

8.7.2008
Die veeldoelige jeugsentrum op Lüderitz
© Verskaf

Die veeldoelige jeugsentrum op Lüderitz het onlangs danksy Namdeb ‘n rekenaarprojektor en draagbare skerm ryker geword. Die waarde van dié skenking is sowat N$5 800. Hier ontvang mnr. Jan Scholtz (middel), hoof van die sentrum, en mnr. Jacob Saur (heel regs), ...   Lees meer

8.7.2008
Bankgeriewe op Oranjemund opgradeer
© Verskaf

Deur die bankgeriewe op Oranjemund op te gradeer, versterk Bank Windhoek die ontwikkeling van die ekonomie en handelspotensiaal van die dorp. Dít is die groot rede waarom die Bank Windhoek-tak op die dorp opgeknap is. “Bank Windhoek erken al vir baie ...   Lees meer

8.7.2008
Vandale teiken laaste rusplek

VANDALISME by die begraafplaas op Keetmanshoop is ‘n groot probleem, sê mnr. Fanus Coetzee, die senior gesondheid-en omgewingsbeampte van die munisipaliteit op dié dorp. Dit is kommerwekkend om te sien dat ‘n begraafplaas so verniel word, sê hy.   Lees meer

8.7.2008
Naute bied iets vir elke smaak

DIE Nautedam, die tweede grootste dam in Namibië naas die Hardapdam, is tussen 1970 en 1972 gebou en amptelik op 9 September1972 ingewy. Dié dam, met ’n kapasiteit van 83 miljoen kubieke liter water wat in die Löwen-rivier gebou is, kry sy die invloei ...   Lees meer

8.7.2008
Warm harte oop vir Maltahöhe

DIE ergste winterkoue is vir eers op Maltahöhe verdryf ná die eerste begunstigdes hul komberse, warm klere, mussies en kos uit ’n liefdadigheidsprojek ontvang het. In Februarie het me. Marlene Byleveldt by die kantore van Suiderland aangeklop om deur ...   Lees meer

8.7.2008
Munisipaliteit op Keetmans vol planne

DIE herwaardering van eiendomme op Keetmanshoop begin op 10 Julie, het mnr. Bertie Reynecke, waarnemende hoof uitvoerende beampte van dié dorp se munisipaliteit, bevestig. Dié proses geskied elke vyf jaar, maar volgens mnr. Reynecke is die munisipaliteit reeds ’n jaar agter daarmee.   Lees meer

8.7.2008
Oranjemund streef na dorpstatus

INDIEN niks onvoorsiens gebeur nie en alle betrokke partye nou saamwerk, kan Oranjemund aan die einde van die jaar dorpstatus kry. “Ons het ’n les by ander myndorpe geleer dat proklamasie nie iets is waarmee ’n mens té haastig moet wees nie, ...   Lees meer

8.7.2008
Mielies boer vooruit in Suide
© Francios Olivier

MIELIEPRODUKSIE by Mariental het ’n blink toekoms, meen mnr. Gerhard van der Merwe, senior bestuurder by KaapAgri Namibië. Dié sukses het egter swoeg en sweet gekos, het hy gesê. Suiderland het een van die mielieplase in die omgewing besoek en die stropingsproses eerstehands beleef.   Lees meer

8.7.2008
Sakelui en stamleiers span saam in Karas

“SAKELUI het die idees en voorstelle vir ontwikkeling, en tradisionele leiers het die idees vir oorlewing, maar daar was nog nooit ’n platvorm vir die twee kampe om saam te sit en hulle voorstelle saam uit te voer nie.” Dié kommunikasiegaping, sê dr.   Lees meer

8.7.2008
Namport skenk boeke aan jeugsentrum
© Verskaf

Namport het onlangs 31 opvoedkundige boeke ter waarde van N$2 830,60 aan die veeldoelige jeugsentrum in Lüderitz geskenk. Die boeke, deur Zebra uitgewers, dek ‘n wye reeks onderwerpe van graad 7 wiskunde tot graad 11 en 12 biologie.Op die foto ontvang me.   Lees meer

8.7.2008
Soeke na uraan vorder fluks

BOORWERK van uraansoekers in die Warmbad-omgewing het die afgelope jaar goeie uitslae gelewer en die aanduiding is dat van die neerslae selfs groter kan wees as wat aanvanklik gereken is. In hulle jongste nuusbrief sê Xemplar Energy Corporation ondersoekwerk wat die afgelope vier maande gedoen is, ...   Lees meer

8.7.2008
Op die spoor van die bruinhiëna

OM bruinhiëna se kind in die Koichab-duinegordel te volg en gereeld te monitor, is g’n maklike taak nie. Tog is die Bruinhiëna-navorsingsprojek (BHN) vol moed oor die projek en beoog hulle om binnekort nóg drie hiënas in die omgewing van nekbande te voorsien.   Lees meer

8.7.2008
Plaas knap karakoelkennis op
© Francios Olivier

GELLAP Ost, die enigste karakoelplaas van die Regering, is nie net ’n plaas nie, maar dien ook as ’n opleidingsentrum vir karakoelboere. Die opleiding, wat in samewerking met die Karakoelraad aangebied word, blyk suksesvol te wees uit die terugvoering wat mnr.   Lees meer

8.7.2008
Gemoedere loop hoog oor Chinese lorries

DIE polisie op Mariental is besig om teen Chinese bouers op te tree wat na bewering in ongelisensiërde vragmotors sonder bestuurderlisensies ry. Suiderland het dié situasie ondersoek ná ’n bekommerde inwoner op die dorp die koerant genader het oor die ...   Lees meer

8.7.2008
Inheemse kwekery blom op Aus
© Piet Swiegers

AUS se Gemeenskapsbewaringstrust het aan die einde van verlede maand amptelik volmag gekry om met ’n inheemse kwekery te begin ná die Aus-inligtingsentrum se waterherwinningsaanleg in gebruik geneem is. Die doel van die projek is hoofsaaklik om afvalwater te herwin om ’ ...   Lees meer

8.7.2008
Dié doodse stilte is hemels

“SJUUT!” “Wat hoor jy?” “Niks… Geen stadsgeluide nie, geen honde wat blaf nie en selfs beter as dit – geen ander mense nie. Dit is asof hier waar ons nou staan nog nooit enigiemand anders was nie en dit voel ook nie asof hier ooit weer iemand sal wees nie.   Lees meer

8.7.2008
Hardlopers byt vas deur dik en dun

LAERSKOOL Mariental se hardloopklub het op 10 Junie ‘n vergadering met ouers, ouer susters en broers, sowel as ander familielede van die klub gehad. Die klub, wat in 2006 gestig is, het reeds talle suksesse behaal sedert sy ontstaan. Nuwe doelwitte ...   Lees meer

8.7.2008
Mariental se rugbyspan
© Francios Olivier

Mariental se rugbyspan is nog onoorwonne in die Suide-streekliga en is die voorloper op die punteleer. Mariental het nuwe uitrusting vir die seisoen gekry van Wimpy wat vanjaar hul hoofborg vir is. Die borgskap is N$18 000 werd. Vir die suidespan was die spel ook op die veld ‘ ...   Lees meer

8.7.2008
Preston verras op Rehoboth

PRESTON jou doring! Dié wonderperd het onlangs vriend en vyand op Rehoboth verras met ‘n blink vertoning op die bane van die Perderesiesklub. Die eiennaar, Tyrone Plaatjie, het breed geglimlag nadat die sewejarige hings Preston die hoofwedren gewen en ...   Lees meer

8.7.2008
Mariental oorgehaal vir FNB-ope
© Francios Olivier

DIE Mariental Gholfklub staan weer sterk nadat hul klubhuis in Oktober 2007 afgebrand het. Die gebou is tans onder restourasie en behoort binne die volgende paar weke klaar te wees, sê mnr Willie Vollgraaff, bestuurslid van die klub. Die klub is hierdie jaar die gasheer vir die FNB- ...   Lees meer

nuwe artikles   -   ou artikles