8.07.2008

Hardlopers byt vas deur dik en dun


LAERSKOOL Mariental se hardloopklub het op 10 Junie ‘n vergadering met ouers, ouer susters en broers, sowel as ander familielede van die klub gehad. Die klub, wat in 2006 gestig is, het reeds talle suksesse behaal sedert sy ontstaan.

Nuwe doelwitte vir die toekoms is by die vergadering bespreek en volgens die verklaring verskaf deur die skool het die byeenkoms suksesvol afgeloop. Die werwing van nuwe lede, ‘n soektog na professionele bystand met afrigting en borge, asook die verbreding van deelname na volwassenes is als sake wat in die toekoms aandag gaan geniet.

Die skool het ‘n kalender vir 2009 gemaak met die foto’s en name van huidige klublede (foto). Volgens die verklaring het dié lede volhard deur moeilike omstandighede. Baie ander het uitgeval, maar hulle het bly staan – ondanks die leë mae en kaal voete.