24.5.2012
 Argiewe:

Suiderland


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

15.11.2011

Hardapkoring kan goeie oeste lewer


Koringoeste op die Hardap besproeiingskema lyk belowend en na verwagting kan tot 9 000 ton vanjaar van die lande afgehaal word.

KORINGBOERE op die Hardapskema by Mariental koester verwagtinge van goeie oeste. Die optimisme word nie net toegeskryf aan uitstekende weerstoestande sedert planttyd nie, maar ook weens nuwe kultivars wat beter opbrengste behoort te lewer.

Aan die woord is mnr. Dawie de Klerk, ’n bekende boer wat die Hardapbesproeiingskema op die Akkerbouprodusentevereniging sowel as op die Akkerbouraad verteenwoordig.

“Ons is op die oomblik in die laaste fase van die koringseisoen. Boere wag net dat die koring genoegsaam afdroog en dit behoort teen die einde van November gereed te wees om te stroop. Hierdie seisoen is ongeveer 1 400 ha onder koring gesit en die verwagting is dat ’n gemiddelde opbrengs van meer as ses ton per hektaar van die lande afgehaal kan word,” het hy gesê.

“Die koring lyk vanjaar besonder goed en dit kan grotendeels aan die lekker lang, koue toestande toegeskryf word wat sedert planttyd geheers het. Nuwe kultivars met ’n hoër opbrengspotensiaal is ook hierdie seisoen op Hardap aangeplant en boere is angstig om te sien wat die oes gaan oplewer.”

Die algemene verwagting is dat koringboere dié seisoen ’n totale oes van tussen 8 500 tot 9 000 ton van die lande kan haal. Daar bestaan ook ’n moontlikheid dat koringboere vanjaar ’n prys van hoër as N$3 000 per ton kan verwag.

Lusern

Wat lusernverbouing op die Hardapskema betref, het die bedryf volgens De Klerk nie na wense gevorder nie. Lusern word op die oomblik kommersieel op ongeveer 150 ha verbou en hoofsaaklik aan die super melkplaas op Hardap gelewer.

“Pryse van lusern het die afgelope vier jaar gestagneer en die bedryf is onder druk weens insetkoste en produksiekoste wat die hoogte ingeskiet het,” het De Klerk gesê.

Tuinbou

Groenteverbouing op die Hardapskema het feitlik doodgeloop. Volgens De Klerk is die hoofredes daarvoor die arbeidsintensiteit van die bedryf, die ver afstande na markte asook die skommeling in pryse van produkte wat ’n groot rol speel.