24.5.2012
 Argiewe:

Suiderland


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.03.2010

Hardap-streek uitdagings:

Goewerneur spreek probleme hier aan


Me. Katrina Hanse-Himarwa
DIE goewerneur van die Hardapstreek het misdaad en werkloosheid as ernstige probleme in die streek geïdentifi seer wat dringende aandag moet geniet.

Me. Katrina Hanse-Himarwa het ook gesê dat die swak prestasie van graad 10’s en graad 12’s in die streek en die oneweredige toekenning van staatsgeld aan streke groot uitdagings aan die streek bied. “Ek keur openlik die uitslae af wat tydens die 2009-onderwysjaar in die Hardap-streek behaal is en is persoonlik skaam, nie net as die hoogste politieke leier van die streek nie, maar ook as ’n ouer.”

Voorts het sy oor die ongelyke toekenning van geld aan streke deur die ministerie se aandeletrustfonds uitgebrei. Die toekenning van geld aan streek- en plaaslike owerhede vir die voorsiening van dienste soos water, elektrisiteit en riool op groot skaal, word ernstig deur vooroordeel en onregverdigheid teenoor sekere streke deur die bestuurders van die trust beïn vloed.

Volgens me. Hanse-Himarwa het die Hardap-streek die afgelope drie tot vier jaar nie fi nansieel hierby gebaat nie. Daarbenewens het sy gesê dat die opeenhoping en onbeheerbare bedryf van sjebeens die verspreiding van huishoudelike geweld soos algemene aanran ding, messtekery en verkragtings veroorsaak. “Ons maatskaplike omgewing het onveilig geword en mense het hulself in dronkaards verander wat uiteindelik wanorde en morele verval veroorsaak het.”

Om werkloosheid die hoof te bied, het die streekraad die belangrikheid van uitbreiding en die bevordering van SME’s besef. “Dit is net deur self werkgeleenthede te skep dat ons in staat sal wees om maatskaplike welsyn tussen ons mense te bevorder,” het me. Hanse-Himarwa gesê. Om dit te bewerkstellig, is toelaes vir mikro-fi nansiering op ’n jaarlikse grondslag aan kies afdelings bekendgestel.

Mense met lewensvatbare en volhoubare projekte word geldelik deur die Hardap-streekraad ondersteun. Om die nodige werk te skep, beplan die raad bykomende oop markte op Mariental en Rehoboth met geld wat in die finansiële jaar 2012/2013 deur die Ministerie van Handel en Ny werheid voorsien sal word.