Suiderland


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

Fees bring routydperk tot ’n einde


V.l.n.r. Waarnemende kaptein Christiaan Rooi van die /Khowesen ofte wel Witbooistam tradisionele owerhede, mnr. Markus Dawid Richter, voorsitter van die reëlingskomitee van die /Khowesen tradisionele fees en mnr. Solomon Futen Boois, aandeelhouer in NAMAB Edms (Bpk) met die vertoontjek ten bedrae van N$10 000 wat die maatskappy aan die tradisonele owerheid geskenk het. Mnr. Grant Knight, ook ’n aandeelhouer in dié maatskappy, verskyn heel regs.

DIE amptelike routydperk vir die ontslape past. Hendrik Witbooi sal met die jaarlikse /Khowesen ofte wel Witbooi-stam se tradisionele fees verstryk. Past. Witbooi was in wese die tradisionele leier van die /Khowesen. Die datum van vanjaar se fees sal egter nog amptelik aangekondig word.

NAMAB Edms. (Bpk), ’n maatskappy wat onlangs toerismeregte in die Namib Naukluft-park ontvang het en waarin die /Khowesen Ontwikkelingstrust ook aandele besit, het in Windhoek ook N$10 000 aan die reëlingskomitee van die /Khowesen tradisionele fees geskenk.

Waarnemende kaptein Christiaan Rooi, het by die geleentheid ’n beroep op die kommunale boere in die Gibeon-gebied gedoen om bydraes in die vorm van slaggoed te lewer. Hy het verder die perderuiters, krygers, die volgelinge van die stam, die gemeenskap van Gibeon asook alle Namibiërs versoek om die /Khowesen-fees in groot getalle by te woon.

Waarnemende Kaptein Rooi het verduidelik dat die fees nie verlede jaar gehou was nie as gevolg van die sterfte en begrafnis van past. Witbooi. Dit was toe besluit om vanjaar met die fees voort te gaan.

Mnr. Solomon Futen Boois van NAMAB Edms. (Bpk) het verduidelik dat die maatskappy deur die Ministerie van die Omgewing en Toerisme die regte toegeken is om gastegeriewe in die Namib Naukluft- Park te bedryf. Individue uit die /Khowesen-gemeenskap het gelyke aandeelhouding met beleggers in die maatskappy.