Suiderland


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

18.08.2010

Erge skade afgeweer

WAKKER optrede van veiligheidswagte en die beskikbaarheid van nuwe noodnommers vir die polisie het verhoed dat ’n groot sakeonderneming op Mariental tot op die grond afgebrand het.

Volgens die polisiebevelvoerder in die Hardap-streek, kommissaris Kobus Meyer, het die veiligheidswagte die nuwe noodselfoonnommers van die polisie geskakel toe die brand in die pakhuis van Agriliner opgemerk is. ’n Noodreaksiespan van die polisie en die brandweer van Mariental het onmiddellik reageer en die brand is geblus voor ernstige skade aan die gebou aangerig is.

’n Man wat ten tye van die uitbreek van die brand in die gebou geslaap het, kon geen verklaring vir die oorsaak van die brand aan die polisie verstrek nie. Die polisie en die brandweer sal gevolglik ’n volledige ondersoek na die oorsaak van die brand doen. Komm. Meyer sê die pakhuis wat deur Bokomo gebruik word om hul produkte te berg en te versprei, is nie ernstig beskadig nie.

“Die plaaslike brandweer was vinnig genoeg op die toneel om die vlamme te blus en was in staat om die gebou en die inhoud daarvan van onherstelbare skade te red. Die twee selfone wat onlangs deur GCM Cellular aan die polisie geskenk is juis om sulke noodsituasies te voorkom en om misdaad te beveg, het beslis ’n beduidende rol in die vinnige optrede van die polisie en nooddienste van Mariental gespeel.”

Die nommer van die noodtelefoon is 081 626 9225 en die offisier aan diens kan by 081 626 9226 geskakel word sou ’n noodgeval opduik. Die nommers kan te enige tyd geskakel word. In uiterste gevalle kan kommissaris Kobus Meyer by 081 129 3242 geskakel word en die klaer sal onmiddellik gehelp word.

Die telefone is egter nie uitsluitlik vir noodgevalle bedoel nie. Alle vorme van kriminele aktiwiteite kan op die wyse by die polisiebeamptes aan diens aangemeld word. Sodoende kan die polisie vinniger optree ten einde die inwoners teen misdaad te beskerm en hulp te verleen.