Suiderland


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

8.03.2010

Ekonomiese ontwikkeling kry komitee


Die Keetmanshoopse dorpsraad, lede van die raadgewerskomitee vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling, vennote uit Finland en die stadsklerk van Keetmanshoop, mnr. Paul Vleermuis (tweede van links).

EIENAARS van sakeondernemings op Keetmanshoop het ’n raadgewerskomitee vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling gekies wat uit 10 lede bestaan. Die komitee se hoofdoel sal wees om die stadsraad van advies oor sake rakende die plaaslike ekonomiese ontwikkeling te bedien.

Die komitee is gekies nadat die plaaslike ekonomiese ontwikkelingsbestuurder, mnr. Josef Rooi, Keetmanshoop se sustermunisipaliteit in Finland verlede jaar besoek het. Die dorpsrade van Keetmanshoop en Ondangwa het ’n vennootskapooreenkoms met twee munisipaliteite in Finland aangegaan, te wete Kangsaala en Lemapaala onderskeidelik.

Die ooreenkoms is as die Vennootskap vir Plaaslike Demokrasie, Ontwikkeling en Maatskaplike Innovasie bekend. Die komponente van die ooreenkoms sluit plaaslike ekonomiese ontwikkeling, water, higiëne, omgewing en plaaslike demokrasie in.

Die projek onder die plaaslike ekonomiese ontwikkelingskomponent ondersteun die ontwikkeling van SME’s ten sterkste. Na die besoek van mnr. Rooi is vergaderings met plaaslike sake-eienaars gehou wat verteenwoordigers van die sakekamer van Keetmanshoop ingesluit het.