8.07.2008

Beroepskou Lüderitz se grootste nog

© Verskaf
DIE veeldoelige jeugsentrum op Lüderitz het op 19 en 20 Junie sy agste jaarlikse beroepsuitstalling gehou. Dié jaar se uitstalling was die grootste nog. Dertien verskillende maatskappye en ander instansies het aan die skou deelgeneem en bruikbare inligting oor beroepsbeplanning, opvoedingvereistes en beurse beskikbaar gestel.

Die doel was om die jeug van Lüderitz ‘n geleentheid te bied om vroeg al kennis te maak met die verskillende studierigtings en werkgeleenthede wat hulle in die toekoms kan oorweeg. Die waarde van opvoeding is sterk beklemtoon.

Die uitstallers was Air Namibia, Eerste Nasionale Bank, die Ministerie van Jeug, Sport, Kultuur en Nasionale Diens, Namdeb, Namport, die Nasionale Jeugraad, NovaNam, die Politegnikum van Namibië, Rosh Pinah Sinkkorporasie en Telecom.