8.07.2008
© Verskaf
Deur die bankgeriewe op Oranjemund op te gradeer, versterk Bank Windhoek die ontwikkeling van die ekonomie en handelspotensiaal van die dorp. Dít is die groot rede waarom die Bank Windhoek-tak op die dorp opgeknap is. “Bank Windhoek erken al vir baie jare die behoefte in afgesonderde gemeenskappe aan bankdienste en ag die opgradering van bankdienste as ’n belangrike bydrae tot die ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike bemagtiging van die gemeenskappe,” het mnr. André Nel (heel links), uitvoerende amptenaar van handelsbankdienste, gesê. Die tak is op die hoek van 7de Laan en 8ste Straat. Kontaknommers vir die bank is 063 233 544 of faks 063 233 119. Kantoordienste is van 08:30 tot 15:30 gedurende die week en Saterdae van 08:30 tot 12:00. Mnr. Toivo Nambala, die streekraadslid van die Oranjemund-kiesafdeling, het die nuwe tak amptelik geopen. Aan sy regterkant staan mnr. Jacques van Vreden, bankbestuurder op Oranjemund.