
Mnr. Charles Oosthuizen
“DIE volledige reeks Chevrolet-, Opel- en Isuzu-produkte is by Auas Motors Mariental, lid van Auas Motors-handelaarskappe, die grootste verspreider van GM-produkte in Namibië, beskikbaar.” sê mnr. Charles Oosthuizen, bestuurder van die onderneming op hierdie Suidedorp.
“In die Chevrolet-reeks het ons die baie ekonomiese Chevrolet Spark, Chevrolet Aveo in sedan of luikrug, Chevrolet Cruze, die nuweling wat hoë standaarde stel en Chevrolet Lumina wat rygerief en krag kombineer.
“Die Opel bied die stylvolle, gemaklike en prettige Corsa, die Corsa-bakkie wat die leier in die halftonklas is, die Combo met sy praktiese ruim paneelwa, die Astra met ‘n dinamiese ontwerp en die Vivaro wat ’n gunsteling bussie is en ook as ’n paneelwa beskikbaar is. “Voorts bied Isuzu ‘n model vir elke uitdaging. Die KB-reeks enkelkajuit-, verlengde kajuit- en die dubbelkajuit-modelle is in petrol- en diesel-weergawes beskikbaar.
“‘n Volledig toegeruste werkswinkel met opgeleide tegnici verseker dat u motor op die hoogste standaard herstel of gediens word met egte GM-onderdele wat verseker dat alle werk in ons werkswinkel gewaarborg is. Ons na-ure bystanddiens is 24 uur beskikbaar en verseker gemoedsrus en kommervrye rygerief.
“Onderdele word aangehou vir alle GM-voertuie en dit kan vinnig van enige van ons ander takke verkry word indien ons dit nie beskikbaar het nie. Alle egte GM-onderdele word vir ‘n jaar gewaarborg en verseker gehalte en waarde vir geld. “In ons vertoonlokaal kan feitlik die hele produkreeks besigtig word.
Ons kan almal verseker dat ons ‘n motor het wat aan hul behoeftes voldoen en ook hul sak sal pas. Besoek ons gerus vir toetsritte en gesels met ons oor al u voertuigbehoeftes. Alle produkte word vir vyf jaar of 120 000 km gewaarborg en diensplanne is op geselekteerde produkte ingesluit.
Kontak dus vir my of Jaco by 063 240 705 indien u verdere inligting wil hê. “Auas Motors Mariental verseker almal dat hulle Auas Motors se strewe na uitmuntende en flink diens uitleef,” sê mnr. Oosthuizen.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon.
In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.