24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.08.2010

Zim-hokkie vat die Momentum


Die Namibiese doelwagter DJ Strauss keer die bal met sy voet teen Zimbabwe.
DIE Momentum Tweenasiehokkiereeks tussen Namibië en Zimbabwe het aan plaaslike senior mans en junior meisies goeie voorbereiding gegee vir internasionale kompetisies wat voorlę.

Dit was drie dae van goeie blootstelling vir ’n sportkode wat met puik organisering sy borge oortuig dat hulle ’n wenperd opsaal. Honderde toeskouers was langs die kantlyn by die Doc Jubber-veld om die Namibiese spanne te ondersteun.

Die afrigter van die manspan, Erwin Handura, het gesę spelers sal in die volgende weke sweet by oefensessies ter voorbereiding vir die binnenshuise węreldkampioenskap in Pole.

“Die naweek se twee vriendskaplike kragmetings teen Zimbabwe was ’n goeie wegspring vir ons program.

“Saterdag het ons die besoekers tot ’n 0-0 uitslag beperk, maar Sondag moes ons met 0-2 die onderspit delf nadat ons rustyd met een doel agter was.

“Ek is oortuig dat die Tweenasie hokkiereeks die regte momentum bied om spelers in die regte gees vir kompetisie in die buiteland te kry.”