2.09.2010 Windhoek se duiwe-uitslae
DIE Windhoek Resiesduifklub hou Saterdag sy laaste wedvlug van die seisoen, oor 670 km vanaf Noordoewer. Die klub het die naweek sy SWA Ope wedvlug oor 670 km vanaf Ariamsvlei gehou.
Gawie Minnie se wenduif het ’n spoed van 1106 meter per minuut gehandhaaf.
Die plekke is as volg behaal: Gawie Minnie 1, 2, 21, 24, 26, 29; Sakkie van Heerden 3, 5, 10, 12 tot 15, 17, 22, 25; Frikkie Steenberg 4, 20, 28; C+A Visser 6, 11, 30; A+C Visser 7, 8; Morné du Plessis 9; Dieter Lucks 16; Hennie Maré 18, 19, 27; Steve Winborn 23.
|