24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.02.2010

Waterskiërs maak gereed

Deelnemers se oë nou op Afrikakampioenskap

© Verskaf
Die waterski-span wat Namibië tydens die 2010 Afrika-kampioenskap in April sal verteenwoordig.

DIE Namibiese Waterskiklub het Saterdag by sy skibaan by die Von Bachdam die laaste van ’n reeks proewe gehou wat aan skiërs die kans gebied het om vir nasionale kleure en deelname aan die Afrika waterski-kampioenskap van 1 tot 5 April by die Von Bachdam te kwalifiseer. Altesaam 26 inskrywings is vir die kompetisie ontvang.

Die weer was perfek en die deelnemers het mekaar behoorlik in die slalom-, truuk- en springkompetisies opgekeil. Namibië se senior manskampioen, André Mostert, wat voor die feestyd ’n hartaanval oorleef het, is weer op volle vaart. Hy het Saterdag ’n nuwe Namibiese rekord van vyf boeie teen 55 km/h op ’n 13 meter tou geski.

Die keurders moes na afloop van die kompetisie ’n span van 16 deelnemers en vier ontwikkelingskiërs aanwys. Dertien van die gekose skiërs het vir Namibiese kleure vir die Afrika-kampioenskap gekwalifiseer. Die oorblywende sewe sal die land in ontwikkelingskleure by die kampioenskap verteenwoordig.

Die voorsitter van die Namibiese Waterskivereniging (NWSV), Martin Schmidt, het die deelnemers geloof vir uitstekende vertonings tydens Saterdag se kompetisie. Afgesien van die nuwe Namibiese rekord is agt nuwe persoonlike beste prestasies behaal.

Dieter Kebbel wat nog net in die Bambinoafdeling ski, het vir Namibiese kleure in ’n hoër ouderdomsgroep (Dolphin) gekwalifiseer. ’n Nuweling by die Dolphin-seuns, Kyron Sprake, het Saterdag die Alfons Motors-trofee ontvang vir die junior wat die meeste vordering getoon het.

Hy het Saterdag vir die eerste keer die kwalifikasie vir Namibiese kleure behaal. Die NWSV gaan die nominasies vir goedkeuring by die Namibiese Sportkommissie indien, insluitend dié van Heike Shulz as nasionale afrigter en Martin Schmidt as spanbestuurder.

Die wenners van Saterdag se slalomkompetisie was:

Bambino meisies: Sylvia Schulz

Bambino seuns: Dieter Kebbel

Dolphin meisies: Silja Waldschmidt

Dolphin seuns: Uwe Brockmann

Junior meisies: Natascha Roettcher

Junior seuns: Wico Coetzee

O.21 meisies: Stephanie Roettcher

O.21 mans: Luke Schmidt

Senior vroue: Heike Schulz

Senior mans I: Gerald Roettcher

Senior mans II: André Mostert.