
Die Brave Warriors het ’n fantastiese wedstryd teen Bafana Bafana op die Moses Mabhida-stadion in Durban gehad. Namibië is nie ’n klein landjie nie, maar ’n groot land in sokker, het die afrigter van die Brave Warriors, mnr. Tom Saintfiet, gister ná die span se aankoms uit Suid-Afrika gesê. Hy het gesê negatiewe uitlatings deur die Suid-Afrikaanse media en sokkerpubliek sal geen doel dien vir die buurland op die vooraand van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika nie. Hy is trots op al sy spelers en sê dat hulle nie in enige land die reserwebanke van hul klubs warm hoef te hou nie. Hy wou niemand uitsonder nie, maar het gesê dat Quinton Jacobs, Razundura Tjikuzu, Althiel Mbaha, Sydney Plaatjies, Oliver Risser en Richard Gariseb hul merk gemaak het. Op die foto is Saintfiet, Tim Isaacks, spanbestuurder, en mnr. Lootz Psannenstel, hulpafrigter.