24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.08.2010

Warriors begin aanslag vir 2012

© EPA
Hartman Toromba pleeg ’n stuk- kie vuilspel op Tlou Segolela in die Brave Warriors se 1-1 gelykopwedstryd teen Suid-Afrika in Durban in Maart vanjaar.
DIE Brave Warriors begin op die naweek van 3-5 September hul aanslag vir deelname aan die 2012 Afrika Nasiebekertoernooi wat gesamentlik deur Guinee en Gaboen aangebied word. Die Namibiese sokkerspan speel eerste ’n wegwedstryd teen Gambië. Dit is ’n strawwe toets vir afrigter Tom Saintfiet en sy Dapper Krygers aangesien driekwart van die gekose spelers by plaaslike amateurklubs in die Namibië Premierliga (NPL) geregistreer is.

Die NPL-spelers is die afgelope maande langs die kantlyn nadat die 2009/2010 seisoen reeds in Mei afgesluit het. Die handjievol beroepspelers mag dalk effe meer wedstrydfiks wees aangesien sokker in Europa twee weke gelede afgeskop het.

Op Saintfiet en sy span wag harde werk, want hulle het slegs twee weke om vir die kragmeting teen Gambië voor te berei. Vir Saintfiet is die wedstryd spesiaal want hy kom te staan teen sy Belgiese landgenoot Paul Put, uitgeslape afrigter van Gambië.

Op die nuutste Fifa-ranglys is Gambië 103de en Namibië 115de. Daar is dus positiewe motivering vir ’n oorwinning vir Saintfiet en sy span. Die gekose oefengroep van wie al die plaaslike amateurs Sondag om 18:00 by die Hotel Safari in Windhoek moet aanmeld, is gister deur beamptes van die Namibiese Sokkervereniging (NSV) aan die media bekend gemaak.

Die groep is: Virgil Vries, Attiel Mbaha, Maximillan Mbaeva, Hartman Toromba, Richard Gariseb, Steven Goagab, George Hummel, Ralph Ellinger, Michael Pienaar, Oliver Risser, Jamunuvandu Ngatjizeko, Nelson Geingob, Gottlieb Nakuta, Ninja Karongee, Collin Benjamin, Quinton Jacobs, Rassie Tjikuzu, Tangeni Shipahu, Rudolf Bester, Sydney Plaatjies, Paulus Shipanga, Heinrich Isaacks, Rudi Louw, Edward Asino, Henrico Botes, Wilko Risser, Rodger Katjiteo, Alfred Nyenge, Eslin Kamuhanga.