22.07.2008

Warm aksie op bergfietsroete

© Francois Poolman

n Talle fietsryers het die naweek die jaarlikse Engen Hochland bergfietsmarathon bygewoon. Die fietsryers het by Engen Hochland diensstasie weggespring en weer daar geëindig.

Van die fietsryers het geval, maar daar was geen ernstige beserings nie. Ermin van Wyk was die oortuigende wenner in die elite-afdeling vir mans, terwyl Heletje van Staden die elite vroue-afdeling in ’n tyd van 2:31:23 gewen het. Sy was ook die verdedigende kampioen.