6.02.2012 Vlugbaltoernooi trek meeste spelers nóg
 Die skeidsregters wat seker gemaak het dat al die wedstryde by die Vlugbal vir Almal-toernooi glad geloop het.
MEER as 1 200 deelnemers het Saterdag aan die gewilde jaarlikse sosiale Vlugbal vir Almal-toernooi, geborg deur Windhoek Lager, by die DTS-sportgronde in Olympia deelgeneem. Altesaam 228 spanne, 204 gemengde en 24 manspanne, het vroeg die oggend op 19 bane in verskeie spangroepe teen mekaar gekompeteer. Dit is dusver die meeste spanne wat nog aan die toernooi deelgeneem het, gedagtig aan verlede jaar se 216 spanne.
Die wedstryde het 10 minute geduur met ’n vyf minuut rustyd wat elke keer gevolg het. Van jonk tot oud het hulle by die 29ste bestaansjaar van die toernooi geniet, met diegene wat vir die pret gespeel het en ander deelnemers wat die kompetisie in alle erns gespeel het. Die toernooi het om 20:00 geëindig met die prysuitdeling wat daarna gevolg het.
Die verskeie bane was deur Business Connexion, Hartlief, Radiowave 96.7Fm, Windhoek Draught, Emed Rescue 24, Afrox, Financial Consulting Services, Cymot Namsafe, Cymot Midas, Cymot Greensport, African Marketing, M & Z Commercial Vehicles, Bose, Retirement Fund Solutions, Fx Fitness, SCE Consulting Engineers, Kalahari Sands, Alexander Forbes en Red Bull geborg.
Die Pauker X-span het die gemengde afdeling gewen nadat die span vir Stingy Bees 35-30 geklop het, terwyl Big Four die derde plek beklee het deur Potency All Stars met 21-12 te wen. In die mansafdeling het G – Tech vir Omalaeti Cats & Dogs in die finaal net-net met 35–33 gewen, terwyl Die Heima na ’n oorwinning van 20-10 teen M & Z Boys met die bronsmedalje huis toe is.
Die toernooi word as ’n prettoernooi deur die organiseerders beskou en ander pryse het daardie aspek beklemtoon, te wete:
Beste aangetrekte span: Shufflin’ Smurfs;
Span met die meeste energie: The Rockin Chillies en The Namibian Scoops;
Beste spangees: Rockstar Energy;
Span wat die verste gereis het: Swakopmund munisipaliteitspan;
en Kanniedood-span: Potency All Stars
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|