Vlugbal se ligastryd voortgesit

In die eerste wedstryd in die vroueliga gaan die huidige voorloper, KNVC, en 2012 se kampioenspan in die Doc-toernooi, DTS, sake uitspook. Khomas Nampol, Politegnikum van Namibië en Unam sal ook in aksie wees.

?Nog ?n wedstryd in die vroueliga om voor op die uitkyk te wees, is Unam teen DTS, omdat die twee spanne baie goed opweeg in hul strategieë soos al in die verlede bewys is,? het Joel Matheus, visepresident van interne sake by die Namibiese Vlugbalfederasie (NVF), gesê.

Die mansliga se voorloper, NDF, gaan teen Rehoboth speel, terwyl die verdedigende kampioen Unam teen DTS op die baan stap. Unam moet dié wedstryd wen om sy posisie in die boonste drie op die puntelys te behou, nadat die studentespan in ?n vorige wedstryd teen SKW verloor het.

Die wedstryde sal om 12:00 begin, met die laaste wedstryd wat na verwagting teen 20:00 sal klaarmaak. Die

Kategorie: