24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.02.2012

Vier oorleef vir halfeindronde

© Nampa/AP
Trooswoorde en drukkies van bemoediging was daar in oorvloed vir die jong Pierre-Eymerick Aubameyang nadat sy verbroude strafskop teen Mali die beslissende oomblik in Gaboen se uitskakeling was.

DUISENDE sokkerondersteuners het die afgelope weke die aksie by die Afrika Nasiebekertoernooi gevolg. Heelwat meer mense het op televisie die bewegings van die 16 deelnemende lande dopgehou as wat in Gaboen en Ekwatoriaal- Guinee op die pawiljoene was.

Ná vier aksiebelaaide kwarteindstryde bly net vier spanne oor wat môreaand sake sal uitspook om te bepaal wie deurdring tot die eindstryd wat Sondagaand om negeuur afskop om die 2012 Afrika Nasiebeker kampioenspan te bekroon.

Sokkerwedders is op koers met hul voorspelling van ’n “droomeindstryd” tussen die twee topgekeurde spanne, Ivoorkus en Ghana, wat onderskeidelik teen Mali en Zambië te staan kom. Mali het Sondagaand die trane laat rol en duisende harte gebreek toe hulle die strafskopstryd met 5-4 teen Gaboen gewen het. Dit was nadat die telbord op 1-elk gestaan het ná 120 minute se meedoënlose spel.

Die ongelukkige jongman by wie dié kragmeting nog vir jare sal spook, is Pierre-Emerick Aubameyang toe sy strafskop deur Mali se doelwagter, Soumailia Diakite, gekeer is.

Die arme 22-jarige voorspeler van die Franse klub Saint-Étienne het die veld huilend op die skouer van sy pa Pierre senior (’n voormalige verdediger van Gaboen in die 1990’s) verlaat.

Sondag is opnuut bewys hoe wreed sport soms kan wees. Nou die dag was die jong Aubameyang nog die held van Gaboen toe hy met twee briljante doele teen Marokko sekuur getref het. Die boorling van Frankryk was in die wolke en het op die kruin van die golf gery. Daardie oomblikke van glorie is oënskynlik vergete nadat Sondag se verbroude strafskop uiteindelik die verskil tussen wen en verloor was.

In die kamp van Ghana is die spelers, beamptes en aanhangers op koers om aan die hoë verwagtinge te voldoen. Die Black Stars het reeds vier keer die Afrika Nasiebeker omhoog gehou, maar hul laaste smaak van sukses was 30 jaar gelede. Breed in hul pad staan Mali wat gewys het dat hy nie te lig geskat kan word op pad na Sondag se eindstryd nie.

Sokkerbeamptes van die twee gasheerlande het die tuisondersteuners versoek om die oorblywende kragmetings te ondersteun en te wys dat Gaboen en Ekwatoriaal- Guinee nie swak verloorders is nie.