Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Kontak Ons

Ons Argiewe

25.08.10

Skaduwêreld ontbloot

23.08.10

Ongeluk eis bekende

23.08.10

Nujoma: Vat die grond

24.08.10

Tragedie in sjebeen

3.07.2009

United het tuisvoordeel in Derby

© Boet Matthews
By gister se bekendmaking van die Neels Dodds-trofee wat op die spel is tussen United en Wanderers, staan van links Heinz Koll (slot van FNB Wanderers), Annelie Noeth (Mej. United) en Herman Lintvelt (kaptein van United).

DAAR is môre oorlog by die Filistyne se veld in Olympia met ’n kragmeting waarvoor rugbyliefhebbers jaarliks hul lippe aflek.

Dit is wanneer United en die nuwe FNB Wanderers om 15:00 mekaar vir tagtig minute gaan opkeil in die Derby wat altyd spanningsvol verloop.

Daarby is die Neels Dodds-trofee op die spel. United se aanhangers is oortuig dat hulle op hul tuisveld die gesogte trofee vir die derde keer in ’n ry gaan inoes teen Corné Powell se span.

United is immers die voorloper in MTC se Premierliga en het die eerste ronde-kragmeting teen die Hingste met 9-7 gewen. Die naelskraapse oorwinning wys dat dinge môre weer baie gelykop gaan verloop en dit bly ’n ope vraag wie dié keer gaan wen.

Wanderers se vurige Namibiese stut Johnny Redelinghuys het aan Republikein gesê hulle is gereed om die bordjies te verhang. “Dit gaan oorlog wees. Die Wit Hingste is weer op koers en die manne se gees loop hoog.”

United is nie verniet boaan die punteleer nie en sal alles moontlik doen om dié plek te behou en sodoende ’n waarskuwing aan verlede jaar se MTC Premierliga-kampioene, Western Suburbs, te rig dat die trofee vir 2009 nog nie veilig is nie.