7.10.2008

Tweede sege vir Frans


So het atlete weggespring by MultiChoice en die Golden Cheetahs/ Katutura Road Runners padwedloop wat Saterdag plaasgevind het.
SY goeie vorm sorg dat hy alle teenstand uit die pad vee met skitterende tye by padwedloŽpe. Frans Hosea van die NaŽmibiese weermag is die nomŽmer een middelafstandatleet wat amok maak en respek by opponente afdwing. Saterdag het hy nog ‘n medalje verower toe hy by Multichoice Namibia en Katutura Road Runners se padwedloop oor tien kilomeŽter eerste oor die wenstreep gehardloop het.

Hosea het vanaf die wegspring by die Western SubŽurbs-swembad tussen Kho-masdal en Katutura die meer as sestig deelnemers al die pad in sy skaduwee laat hardloop. Die man se pragŽtige hardloopstyl en fiksheid maak dat hy in ‘n ander klas beweeg.

Hy is oorgehaal en deesdae pak hy wedlope met meer selfvertroue. Frans het verlede naweek die Visrivier Ultramarathon oor 21 kilometer gewen. SaŽterdag se afstand in WindŽhoek het hy in ‘n vinnige 31:04:52 voltooi. Dit is nie ‘n Namibiese rekord nie, maar dit is vinnig genoeg om die res van die land te oortuig dat Frans Hosea na groter dinge mik.

Hy wil aan die StatebondŽspele in 2010 in Indië deelneem. “Ek wil kwalifiseer vir die Spele in Delhi. Ek wil volgende jaar my buiging in die marathonafstand oor 42 km maak. Vir my is dit ‘n uitdaging om tussen die langasems te hardloop. Nog onlangs het ek op die atleŽtiekbaan in die 1 500 meter sake uitgespook. Maar ek is oortuig die kompetisie is strawwer by padwedlope, en dat daar meer gehalte hardlopers is.

Op 18 Oktober wil ek die 10 km by die Lucky Star-marathon aandurf. Dit is een kompetisie wat met goeie prysgeld en puik orŽganisering van die land se voorste atlete lok,” het Hosea aan Republikein vertel. In die vroue-afdeling oor 10 km het ‘n nuwe naam na vore getree.

Die onbekende Anna Amutoko van die Seven Star-atletiekklub het met die louere weggestap. Die 26-jarige Anna het in April met atletiek begin. “Dit is my eerste groot oorwinning. Ek het nie verwag om die prysŽgeld van N$350 in my sak te steek nie. Daar was groot name soos Beata Naigambo, ‘n vrou wat vanjaar by die 2008 Olimpiese Spele in Beijing deelgeneem het. Die oorwinning is ‘n goeie motiŽ vering,” het Anna gesę.

Naigambo wat vir die eerŽste keer meeding sedert haar terugkeer uit China, het gesę dit was ‘n goeie oefenlopie. Van die deelnemers was ongelukkig oor die prysgeld wat oorhandig is. Hulle het aan die koerant gesę dat N$350 vir ‘n eerste plek bitter min geld is. Republikein het een van die organiseerders, Willem Andries, genader vir komŽmentaar.

“Ons is met N$12 000 deur MultiChoice NaŽmibia geborg, waarvan N$8 800 aan prysgeld betaal is. Vir die noodhulp en amŽbulans moes ons N$1 000 opdok, en straatbeamptes wat die roete aan atlete aanŽgewys het is N$800 betaal. Die res van die geld het ons vir administrasiedoeleindes gebruik. Dit is kommerŽwekkend dat atlete kla oor prysgeld.

Ek glo hulle moet liewers konsentreer op vinŽniger tye sodat ons maatskappye kan oortuig dat atlete meer geld werd is.” Ander wenners: Meesters mans: Niklas Eksteen; VeteŽraan mans: Suzuki ShikuŽdule; Veteraan vroue: LauŽrencia Elago; Junior seuns: Paulus Iyambo; Laerskool meisies: Elretha Andries; Laerskool seuns: Justice Nautolo.