24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.01.2012

Tennistoer bring nuwe name na vore


Afrigters, seuns en meisies van die Johan Theron-tennisskoool met van die toerusting wat deur verskeie maatskappye vir hul onlangse toer na Suid-Afrika geskenk is.

’n GROEP spelers van die Johan Theron-tennisskool van Windhoek het onlangs in Suid-Afrika aan twee toernooie deelgeneem en ’n paar medaljes ingepalm.

Hoofafrigter Johan Theron het met die seuns en meisies se terugkeer gesê hy is tevrede met die spelers se vertoning en hy het maatskappye bedank wat die toer moontlik gemaak.

“Sonder borgskap is dit moeilik om internasionaal deel te neem, maar danksy bydraes deur 16 instansies kon die kinders hul droom in Suid-Afrika verwesenlik. Dit is belangrik dat ons gereeld internasionaal ons kragte meet en sodoende ons spelpeil verbeter.”

In Oos-Londen was een van die uitblinkers Ruvan van Staden wat tot die o.14-eindstryd deurgedring het, terwyl Phillip Schulz saam met ’n speler uit Soweto goud in die dubbelspel vir seuns o.16 losgeslaan het. Hy het algeheel die vyfde plek behaal in die o.16- enkelspel waar 42 spelers sake uitgespook het.

In Port Elizabeth het Leandri Dreyer die eindstryd van die meisies o.14-enkelspel gehaal en sy is naelskraap geklop. Archie Norvall het tot die laaste agt van die seuns o.12-afdeling deurgedring.

Norvall het saam met sy landgenoot Lean Minders in die dubbelspel ’n silwermedalje om sy nek gehang.

Dantago Gawanab het die vierde plek in die seuns o.14-afdeling gehaal en kon met ’n bietjie geluk as een van die top drie geëindig het.

Theron het aan Republikein gesê: “Dit is ’n jong groep wat oor baie potensiaal beskik. Ek is opgewonde oor die toekoms van die seuns en meisies en glo hulle het baie geleer tydens die twee toernooie in Suid-Afrika.

“Sulke kompetisies sorg vir meer ervaring en spoor ons kinders aan om ’n hoër standaard te lewer. Nou sal ons fokus op plaaslike kompetisies voordat weer voelers uitgesteek word om iewers in die buiteland rakette te swaai.”

Van die instansies wat bygedra het, was Penny Pinchers, Build It, Trustco, Brockmann & Kries, Rent-a-Drum, Caterhire, Spes Bona, G4S en Sanlam.