|
|
8.3.2010 Oasis-vulstasie doen nou sy naam gestand |  Sedert Agra einde verlede jaar die bestuur van die B1 Oasis vulstasie op Keetmanshoop oorgeneem het, word dit in ’n werklike oase omskep. ’n Totaal van 35 palmbome is op die terrein by die vulstasie aangeplant om die droë area in ’n lushof te verander. Lees meer |
|
8.3.2010 Kerk help skole |  Die NG-kerk op Aranos gee elke jaar aan die graad 1’s by die verskillende laerskole op die dorp ‘n pakkie met skryfbehoeftes en lekkernye. Hier ontvang graad 1’s van die Junior Primêre Skool Salmon Boois hul pakkies. Lees meer |
|
8.3.2010 Buitelugskool brei jeug |  DIE buitelugskool op Aus is die laaste van sy aard in Namibië wat steeds bedryf word en bied tot op hierdie dag aktiwiteite aan leerlinge wat hulle die res van hul lewes sal bybly.
Buitelugskole in Namibië het na ’n behoeftebepaling onder die jeug ... Lees meer |
|
8.3.2010 Karastrust gee groot vir studente | BYKANS N$300 000 se beurse is aan vyftien studente van die Karasstreek deur die Karas Ontwikkelingstrust vir die huidige akademiese jaar toegeken. Volgens die goewerneur, mnr. Dawid Boois, is die studente van die toppresteerders in die streek.
Hy sê dat ... Lees meer |
|
8.3.2010 Ekonomiese ontwikkeling kry komitee |  EIENAARS van sakeondernemings op Keetmanshoop het ’n raadgewerskomitee vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling gekies wat uit 10 lede bestaan. Die komitee se hoofdoel sal wees om die stadsraad van advies oor sake rakende die plaaslike ekonomiese ontwikkeling te bedien. Lees meer |
|
8.3.2010 Keetmanshoop hou dorp skoon | NADAT heelwat klagtes onlangs oor ‘n “vuil” Keetmanshoop ontvang is, het die stadsklerk aan Suiderland gesê dat vir so ’n klein dorp dit ’n ooraanbod van skoonmaakdienste het. Volgens mnr. Paul Vleermuis word N$120 000 maandeliks ... Lees meer |
|
8.3.2010 FNB help Aranos misdaad bekamp |  WANNEER inbrekers en ander misdadigers op Aranos voortaan ’n flitsende blou lig bo-op ’n bakkie se dak sien, moet hulle weet die skrif is vir hulle aan die muur. FNB Namibia se tak op die dorp het, as deel van sy maatskaplike verpligting, dit goedgedink ... Lees meer |
|
8.3.2010 Karas gereed vir sokker-besoekers |  SAKELUI in die Karas-streek is deur middel van verskeie vergaderings bewus gemaak en ingelig van die toerismemoontlikhede wat vanjaar se Wêreldbeker- sokkertoernooi in Suid-Afrika vir die streek kan inhou. Volgens die goeweneur van die Karas-streek, mnr. Dawid Boois, ... Lees meer |
|
8.3.2010 Melkplaas voorsien in behoefte |  DIE N$80 miljoen belegging wat deur Namibia Dairies van die Ohlthaver & List-groep van maatskappye gemaak was om die eerste super suiwelmelkplaas in Namibië tot stand te bring, het die maatskappy in staat gestel om in die groeiende aanvraag na melkprodukte te voorsien, veral wat uitvoer betref. Lees meer |
|
8.3.2010 Auas Motors Mariental |  “DIE volledige reeks Chevrolet-, Opel- en Isuzu-produkte is by Auas Motors Mariental, lid van Auas Motors-handelaarskappe, die grootste verspreider van GM-produkte in Namibië, beskikbaar.” sê mnr. Charles Oosthuizen, bestuurder van die onderneming op hierdie Suidedorp. Lees meer |
|
|