
Brian van Staden (regs), hulpafrigter van die Namibiese nasionale vrouesokkerspan, is tans in Nederland waar hy nuwe kwalifikasies as afrigter gaan verwerf. Sy reis om die kursus van nagenoeg drie weke by te woon, is moontlik gemaak deur die Streethouse Mini-sokkerliga, wat N$5 400 vir sy vliegkaartjie bygedra het. Links is mnr. Donovan Bezuidenhout wat die oorhandiging namens Streethouse hanteer het.

Die Streethouse Mini-sokkerliga het ’n borgskap van N$1 000 aan die Primêre Skool MH Greeff oorhandig wat vir die oprigting van die skool se sokkerveld gebruik sal word. Hier oorhandig mnr. Kenneth Grötzinger namens Streethouse die tjek aan die skoolhoof, me. Anne Basson, en een van die skoliere, G. Drotsky.