24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

27.08.2010

Strawwe toets wag op veerpylspelers

© Boet Matthews
Die nasionale veerpyltjiespanne vir senior mans en vroue voor hul vertrek na Lesotho waar hulle in die Sone 6 kampioenskap meeding. Voor van links is: Carlien Ludeke, Chief Kanyetu, Beatrice Greeves (spanbestuurder) en Christo Titus (kaptein van die manspan). Agterste ry: Nicolas Andrew, Carmen Windwaai, Santie Mouton (kaptein van die vrouespan), Ben Mogotsi, Ralph Ludwig, Annelize van Brakel, Desiré van Niekerk, Eleanor Lambrecht en Jacques Routh.

NAMIBIESE veerpyltjiegooiers gaan vir die eerste keer in jare in die buiteland hul vernuf teen die beste in Suidelike Afrika toets.

Dis ’n groot oomblik vir die Namibiese mans en vroue wat reeds Woensdag met ’n bussie na Lesotho vertrek het vir deelname aan die Sone 6 veerpyltjiekampioenskap in Maseru. Die vervoer is moontlik gemaak deur die Ministerie van Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur.

Die spelers moes egter steeds hul hande diep in hul sakke steek om hul drome op internasionale vlak te verwesenlik. Een van die beamptes saam op toer het tydens die welwillendheidbesoek by die kantoor van die Namibiese Sportkommissie gesê dit bly maar ’n turksvy om maatskappye te vind wat bydrae tot sport wil maak.

Hoe ook al, die pyle gaan van môre tot 3 September in Maseru deur die lug trek en mans en vroue van die sewe deelnemende lande mik almal na ’n gouemedalje, of minstens silwer of brons.

Vir die nasionale span van Namibië bied die mededinging in Lesotho ’n groot uitdaging. Die Namibiërs het laas in 2008 aan die kompetisie deelgeneem toe hulle as gasheer by Heja Lodge buite Windhoek opgetree het.

Die keurders het vanjaar hul vlerke wyd gesprei op soek na nuwe talent.
Beide die mans- en vrouespan spog met nuwelinge wat vanjaar in kompetisies geïdentifiseer is.

So is me. Beatrice Greeves ook vroeër vanjaar gekies om die plek van haar oorlede man Brian as spanbestuurder van die nasionale veerpyltjiespanne in te neem. Sy is opgewonde dat sy saam met plaaslike veerpyltjies ’n lang pad kan stap.