24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

1.03.2010

Stars, Pirates gelyk boaan liga

WIE gaan vanjaar met MTC se Premierligatrofee en prysgeld van N$600 000 wegstap?

Die vraag is opnuut ter sprake noudat African Stars en Orlando Pirates gesamentlik die boonste posisie op die punteleer beklee en daar nog net vier kragmetings oor is.

Beide spanne het 36 punte na 18 wedstryde en hulle moet boonop nog teen me- kaar opdraf voordat die gordyn oor dié seisoen sak. Pirates het vir Hotspurs naelskraap met 1-0 gewen, terwyl Stars Saterdag in die Kuisebmondstadion tot ’n 1-1 gelykopuitslag deur Blue Waters beperk is.

Black Africa het gisteroggend agtuur teen Oshakati City in Katutura opgedraf en verspot maklik met 3-0 aan die wenkant geëindig. Die kragmeting is Saterdagaand deur die skeidsregter afgelas nadat een van die spreiligtorings in die Sam Nujoma-stadion nie sy lig wou laat skyn nie.

Die voorste doelskieter in die Premierliga, Jerome Louis, het sy teenstanders aan die slaap gevang en met twee doele sy aanspraak op die prysgeld behou. Die ge- wese kaptein van Cymot SKW, Marco van Wyk, het die ander doel vir Ricardo Mannetti se Leeus aangeteken.

Met die sege het Black Africa weens sy beter doelverskil opgeskuif in die derde plek op die punteleer met 31 punte. Tigers het ook 31 punte na sy 0-0 uitslag teen Eleven Arrows.

Brian Isaacs se Tiere het hulself te blameer vir die twee punte wat deur hul vingers geglip het. Tigers se Kenny Malgas het ’n elfmeter strafskop teen die dwarslat geskop en nog ander maklike kanse is verbrou.

Doer op Tsumeb het Ali Akan se Oshikandela Ramblers nog drie waardevolle punte ingoes toe hulle United Stars met 3-1 getroef het. Akan het sedert sy terugkeer as afrigter by Rammies drie gewen, twee ver- loor en twee gelykopuitslae behaal.

Dit lyk gewis of hy besig is om Ramblers uit die kloue van die relegasiespook te red. Hulle moet nog teen Black Africa, Tigers, Eleven Arrows en Oshakati City te staan kom.

Saterdag in die Oscar Norich-stadion het Tobias Mokondjo, Nelson Angula en Charlie Owaseb doele vir Ramblers behaal.